Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: 5 vas vir drank van meer as R100 000

Vyf mans is Saterdag in hegtenis geneem toe drank ter waarde van meer as R100 000 Saterdag in Langa gekonfiskeer is.

’n Dubbelkajuitbakkie is omstreeks 11:15 in Jakes Gerwelrylaan, Langa, van die pad getrek deur lede van die Kaapstad-metro se spesiale ondersoekeenheid wat in die gebied aan diens was. Daar is op 30 dose vol Wellington-brandewyn en nog 30 dose Smirnoff-vodka beslag gelê. Elke doos het 12 bottels van 750 ml elk bevat. Die waarde van die brandwyn is R51 000 en die vodka R50 000.

Vyf mans onder wie die bakkiebestuurder is in hegtenis geneem en word tans by die polisiekantoor in Langa aangehou.

Volgens die Kaapstad-metro is alkoholmisbruik een van die hoofbydraers tot ernstige geweldsmisdade in die Wes-Kaap soos moord, roof en gesinsgeweld.

Dose brandwyn ter waarde van R51 000 word Saterdag uitgelaai deur die lede van die Kaapstad-metro se spesiale ondersoekeenheid.
Vodka ter waarde van R51 000 word hier deur die lede van die Kaapstad-metro se spesiale ondersoekeenheid uitgelaai.
’n Bottel brandewyn van naderby beskou.
Vyf mans is Saterdag in hegtenis geneem toe drank ter waarde van meer as R100 000 Saterdag in Langa gekonfiskeer is. Hier word die gekonfiskeerde drank afgelaai.

Meer oor:  Drank  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.