Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Betogers steek vragmotor aan die brand

Die R334-pad tussen Uitenhage en Rocklands in die Oos-Kaap is Maandagoggend tydelik gesluit nadat ’n vragmotor op dié pad aan die brand gesteek is.

Volgens die verkeersowerhede het betogers omstreeks 08:45 die pad versper. Inligting dui daarop dat die vragmotorbestuurder blykbaar ’n U-draai voor die versperring wou maak toe die betogers daarop toegesak en dit aan die brand gesteek het.

Warren Prins, verkeershoof in die Nelson Mandelabaai-metro, sê met die verkeersowerhede en polisie se aankoms op die toneel het die betogers in die nabygeleë plakkerskamp verdwyn.

Hy sê die pad is steeds gesluit en motoriste moet van die R75-pad gebruik maak om tussen Uitenhage en Port Elizabeth of Rocklands te ry.

Sers. Majola Nkohli, provinsiale polisiewoordvoerder, sê geen saak is aanhangig gemaak nie omdat die polisie nog nie die vragmotorbestuurder kon opspoor nie.

Brandbestryders blus Maandagoggend die vlamme nadat betogers die vragmotor op die R334-pad buite Uitenhage aan die brand gesteek het. Foto: Lulama Zenzile
Betogers het Maandagoggend hierdie vragmotor op die R334 tussen Uitenhage en Rocklands aan die brand gesteek. Foto: Verskaf

Meer oor:  Uitenhage  |  Rocklands  |  Betogers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.