Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Boer se milt verwyder in operasie ná plaasaanval

’n Boer van Brits in Noordwes se milt moes in ’n noodoperasie in Johannesburg verwyder word nadat hy twee keer in ’n plaasaanval geskiet is.

Pier Schutte (43) veg tans om sy lewe in die Milpark-hospitaal, terwyl die polisie soek na die skuldiges wat hom Woensdagaand op die Xaxaba-wildplaas naby Beestekraal aangeval het.

Kol. Adéle Myburgh, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê niemand is nog aangekeer nie. Niks is in die voorval gesteel nie.

Pier Schutte (43) is in die hospitaal nadat hy in ’n aanval op sy familieplaas naby Beestekraal in Noordwes twee keer in die rug geskiet is. Foto: Facebook

Volgens haar het die twee aanvallers Schutte genader terwyl hy besig was om skape by ’n stoor sowat 800 m van die plaasopstal toe te maak. Hulle het op hom losgebrand en hy is twee keer in die rug geskiet. Een skoot is deur sy long en die ander een deur sy buik en milt.

Schutte, wat sy vuurwapen by hom gehad het, het teruggeskiet en die aanvallers het gevlug, het Myburgh gesê.

Hy kon daarin slaag om sy bure omstreeks 18:00 te laat weet dat hy geskiet is.

Hy het ’n paar jaar gelede besluit om met ’n boerdery op die familieplaas te begin. Die res van die familie woon in Linden, Johannesburg.

Tiaan Schutte, sy ouer broer, het gesê hulle sukkel om die skok en woede te verwerk. Nadat hulle Woensdagaand die nuus ontvang het, het hulle na die plaas gejaag.

“Dit was nie lekker om hom so te sien nie.”

Schutte is per lugambulans na die hospitaal geneem.

“Hy is in ’n stabiele toestand in die waakeenheid nadat sy milt in ’n operasie verwyder moes word,” het Tiaan gesê.

Dit is die tweede aanval dié jaar op sy broer.

Hy is in ’n stabiele toestand in die waakeenheid nadat sy milt in ’n operasie verwyder moes word,

Vier verdagtes het hom ook in Januarie by die plaashek aangeval en op hom geskiet. Die aanvallers het toe ook op die vlug geslaan nadat hy teruggeskiet het.

Myburgh kon nie dadelik hierdie voorval bevestig en sê of iemand in verband daarmee in hegtenis geneem is nie.

Tiaan het die polisie, die gemeenskapspolisiëringsforum en die publiek bedank wat sy broer te hulp gesnel het.

“Daar is soveel mense wat kom help het en vir ons boodskappe stuur. Ons familie waardeer dit geweldig.”

Meer oor:  Pier Schutte  |  Brits  |  Plaasaanval  |  Boer  |  Operasie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.