Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Breytenbach by Kaapse polisieselle

Sonder om ’n woord te rep het Willem Breytenbach Dinsdagaand in boeie by die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor ingestap.

Dié sakeman, oudonderwyser en voormalige Media24-werknemer het nie gereageer op vrae wat deur mediaverteenwoordigers aan hom gestel is nie en het bloot sy kop omhoog gehou terwyl polisiebeamptes hom by die polisiekantoor ingeneem het.

Hy is van die kusdorp Hartenbos by Mosselbaai na Kaapstad vervoer nadat hy vroeër die dag by ’n sielkundige se praktyk in hegtenis geneem is.

Willem Breytenbach kom Dinsdagaand by die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor aan. Foto: Adrian de Kock

JC de Jager, Breytenbach se prokureur, het Dinsdagaand bevestig hy het met sy kliënt gekonsulteer.

“Die ondersoek is nog in 'n sensitiewe stadium, so ek kan nie kommentaar lewer nie,” het De Jager in ’n WhatsApp-boodskap gesê.

Netwerk24 het vroeër berig speurders verbonde aan die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings in Kaapstad het Dinsdag met ’n lasbrief vir Breytenbach se inhegtenisneming in Hartenbos opgedaag.

Drie strafregtelike sake wat verband hou met beweerde seksuele aanranding is glo teen Breytenbach geopen.

Willem Breytenbach word deur polisiebeamptes tot binne-in die Kaapstad-Sentraal-polisiekantoor vergesel. Foto: Adrian de Kock

Sake is by die polisie aangemeld nadat Deon Wiggett, ’n Johannesburgse kopieskrywer, podsendings uitgereik het waarin hy Breytenbach as die man identifiseer wat hom na bewering as tienerseun seksueel aangerand het.

Kapt. FC van Wyk, provinsiale polisiewoordvoerder, het by navrae gesê Breytenbach sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is, maar het nie ’n datum verskaf nie.

Meer oor:  Jc De Jager  |  Willem Breytenbach
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.