Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Bruidspaar tjoekie toe op hul troudag

Die geluid van trouklokke moes Sondag plek maar vir dié van sirenes toe ’n bruidspaar van KwaZulu-Natal saam met hul gaste in hegtenis geneem is.

Brig. Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê ongeveer 50 mense is in Enseleni, net buite Richardsbaai, in hegtenis geneem.

Dit sluit ’n bruidspaar, dominee en gaste in wat tydens die staat van inperking steeds troue wou hou.

Naidoo verduidelik dat geen byeenkomste gedurende die staat van inperking toegelaat word nie.

“Die mense gaan heel moontlik van ’n oortreding van die Wet op Rampbestuur aangekla word,” sê Naidoo.

* Die bruidspaar is Maandag op borgtog vrygelaat.

Volgens Brig Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, is die bruid, bruidegom en pastoor elkeen op borgtog van R1000 by die polisiestasie vrygelaat. 

Die gaste het almal ‘n waarskuwing ontvang. Die hele groep sal op 11 Mei  in die hof verskyn. 


Meer oor:  Troue  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.