Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Buurvrou hoor bloedstollende kreet, toe stilte

Rosemary Lee Mulder (19) se buurvrou in Springs het Woensdagoggend bloedstollende gille gehoor terwyl sy wasgoed buite opgehang het.

Rosemary is dood nadat sy verskeie kere in die nek en bolyf met ’n mes gesteek is.

Rosemary Lee Mulder (19).

Haar vriend was ook in die huis en het gaan wegkruip terwyl sy aangeval is. Haar aanvaller het daarna oor ’n buitemuur gespring en in die rigting van die Paul Kruger-snelweg gehardloop. Dit is ook daar waar die polisie later ’n mes tussen die gras gekry het.

Veronica Smit, die Mulder-gesin se buurvrou, het Donderdag gesê sy het omstreeks 11:00 die gille gehoor.

“Ek het dadelik gehardloop om te gaan kyk wat aangaan. Ná die gille was daar net hierdie doodse stilte,” het Smit, wat agter die Mulder-gesin in Rhodestraat woon, gesê.

’n Buurman, Pieter van der Merwe (21), was die eerste een wat op Rosemary se lyk afgekom het. Hy het ook die gille gehoor.

Gerald Theron, wat die polisie kan help met hul ondersoek.

Toe hy buite kom, was Rosemary se ma, Samantha, in die straat. Sy het gesê dat haar dogter in nood verkeer en dat sy nie self by die erf kan inkom nie.

“Ek het toe my pa, Pieter sr., gaan roep en ons het die hek probeer oopmaak. Ek het toe oor die heining geklim en by die huis ingegaan.

“Ek het die meisie in die kombuis gesien. Alles was vol bloed en sy het op haar rug gelê. Ek kon dadelik sien sy is dood.”

Volgens kapt. Johannes Rampora, polisiewoordvoerder, word 'n saak van moord en diefstal ondersoek.

“Die oorledene se vriend was by haar toe sy met ’n mes aangeval is. Die vriend het in die badkamer gaan wegkruip en het later hulp ontbied.

“Twee selfone en ’n PlayStation 4 word uit die huis vermis. ’n Lid van die publiek het gesien hoe ’n man ’n mes in ’n veld gooi. Daar was bloed op die mes en forensiese toetse sal aandui of dit die moordwapen was,” sê Rampora.

Intussen hoop die polisie dat Gerald Theron, Rosemary se stiefbroer, hulle met die ondersoek kan help.

Enigiemand wat weet waar hy hom bevind, kan ao. Wynand du Toit bel by 083 469 4383 of 081 575 4477.

Die huis in Rhodestraat, Springs waar die 19-jarige Rosemary Lee Mulder Woensdag met ’n mes doodgesteek is. Foto: Werner Beukes
Meer oor:  Polisie-Ondersoek  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.