Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Dief gryp padvalk se dienspistool

’n Verkeersbeampte is van haar dienspistool beroof terwyl sy besig was om vir ’n koeldrank by ’n vulstasie in Port Elizabeth te betaal.

Die vermeende wapendief het ook op die vrou se verloofde losgebrand toe dié hom agternagesit het.

Skermgreep: ’n Man pluk die verkeersbeampte se dienspistool uit haar holster terwyl sy in die winkel staan om te betaal. Foto: Skermgreep

Op kringtelevisiemateriaal kan gesien word hoe die dief die 29-jarige beampte van agter nader terwyl sy haar beursie in die vulstasie se geriefswinkel uithaal om te betaal.

Binne sekondes het die dief haar dienspistool uit die holster aan haar gordel gepluk en dit toe op haar gerig waarna hy weggehardloop het.

Charles Bramwell, adjunkdirekteur van die Oos-Kaapse verkeersafdeling, het by navraag bevestig dat die voorval Maandag in Struanweg, New Brighton, naby die verkeersafdeling se kantoor gebeur het.

Hoewel Bramwell die naam van die slagoffer weerhou, het hy bevestig dat sy ’n provinsiale inspekteur van die Oos-Kaapse verkeersdienste is.

Skermgreep: Die verkeersbeampte word met haar eie vuurwapen gedreig nadat die man die vuurwapen uit haar holster gegryp het. Foto: Skermgreep

Hy sê die dief het met die dienspistool en die patrone in die magasyn weggekom.

“Die verkeersbeampte is af weens skok ná die voorval, maar sy is ongedeerd.”

Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê benewens gewapende roof ondersoek hulle ook ’n saak van poging tot moord.

Dit kom nadat die verkeersbeampte se 39-jarige verloofde wat in ’n BMW-motor buite die vulstasie se geriefswinkel vir haar gewag het, agter die vermeende dief aangery het.

Beetge sê die verdagte en nog ’n man het in ’n motor van die vulstasie af weggejaag waarna die verkeersbeampte se verloofde hulle agternagesit het.

In Jakavulastraat, sowat 600 m verder, het hulle omgedraai en op die verloofde geskiet.

Volgens Beetge is die verloofde deur die BMW se deur in sy been raakgeskiet.

Niemand is teen Dinsdag vir die voorval in hegtenis geneem nie.

Bramwell sê hoewel mense in uniform gewoonlik vir hul vuurwapens aangeval word, is dit slegs die tweede voorval oor die afgelope drie jaar waarin ’n vuurwapen by ’n Oos-Kaapse verkeersbeampte afgevat is.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Misdaad  |  Beroof  |  Verkeersbeampte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.