Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Diewe teiken drankwinkels tydens inperking

Drankwinkeleienaars in Goodwood en die omliggende gebiede beweer dat misdadigers nou die staat van inperking gebruik om toe te slaan op drankwinkels, kroeë en sjebiens om alkohol in die hande te kry.

’n Wetstoepasser in die gebied, wat anoniem wil bly, sê hulle het agterkom dat inbrake by winkels wat drank en sigarette verkoop toeneem, waarna die misdadigers dit vermoedelik aan die publiek verkoop.

Volgens die eienaars is die Tops at Spar in Glenwood die jongste slagoffer nadat inbrekers vroeg Donderdagoggend daar toegeslaan het.

Sers. Noloyiso Rwexana het bevestig dat die polisie ’n inbraak by ’n onderneming Donderdag omstreeks 03:40 in Goodwood ondersoek.

Rwexana sê die polisie moet nog vasstel wat gesteel is.

Werknemers van die winkel sê die inbrekers het deur ’n syvenster ingebreek en die alarmstelsel op die een of ander manier ontkoppel.

“Dis net die begin, hulle sal weer terugkom. Die regering wil nie hê ons moet drank verkoop nie en nou kom die boewe dit eenvoudig net steel. Alkohol en sigarette is gevat en hulle het die hele plek in ’n gemors gelos,” sê een van die werknemers.

Intussen het die winkeleienaars wat alkohol verkoop, kommer uitgespreek dat hulle nie eers hul voorraad uit hul winkels kan skuif na hul huise toe nie, omdat hulle toegesluit kan word as hulle met drank betrap word.

“Wat staan ons te doen – ons mag nie die drank skuif nie en ons kan dit nie in ons winkels los om besteel te word nie?” het die winkeleienaar gesê.

Die Tops at Spar waar daar ingebreek is. Foto: verskaf
Winkeleienaars wat alkohol verkoop, is bekommerd oor ’n toenemende tendens dat misdadigers drankwinkels tydens die nasionale inperking teiken. Foto: Verskaf

Meer oor:  Goodwood  |  Misdaad  |  Diefstal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.