Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Drankwinkel brand toe diewe leë stoorkamer kry

Inbrekers het Saterdagaand omstreeks 18:35 by Diamond Liquors, ’n drankwinkel in Haltweg, Elsiesrivier, aan die brand gesteek nadat die pakkamer waarby hulle ingebreek het, leeg was.

Die toneel waar die drankwinkel brand. Foto: Facebook/1Second CPT-Daily Safety and Security Alerts

“ ’n Aantal verdagtes het Saterdagaand by die drankwinkel ingebreek. Die pakkamer was leeg omdat die drank verskuif is,” het brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, Sondag gesê.

“Hulle het die (leë) kratte en bottels aan die brand gesteek en sodoende die plafon op die eiendom beskadig.”

Speurders van Elsiesrivier ondersoek ’n saak van brandstigting. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

’n Video van die toneel wys hoe brandbestryders van die Kaapstad-metro werk om die vlamme te blus terwyl beamptes omstanders vra om verder van die brand af te beweeg.

Dit is die tweede keer gedurende die inperking wat daar by hierdie drankwinkel ingebreek word. Die vorige inbraak was op Vrydag 10 April en een persoon is in verband daarmee in hegtenis geneem.

Meer oor:  Elsiesrivier  |  Inbraak  |  Drankwinkel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.