Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: 1ste weermagtroepe kom in Kaap aan

Lede van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) het Vrydagmiddag in Kaapstad aangekom nadat Bheki Cele, minister van polisie, die vorige dag aangekondig het dat troepe die polisie sal bystaan met misdaadbestryding in misdaadgeteisterde dele van die Wes-Kaap.

'n Groot getal polisielede is Vrydag vroegoggend al in die Kaapse Vlakte ontplooi en 'n bataljon van die SANW sal later ontplooi word.

Intussen het Cele in die parlement in sy begrotingsrede gesê die teenbende-eenheid sal ook uitgebrei word tot 'n nasionale eenheid. Ander spesiale eenhede gaan ook op die been gebring word om die toenemende misdaad en geweld in die land te takel.

Vinnige reaksie-eenhede wat op intelligensie-gedrewe polisiëring reageer, sal in onstabiele probleemgebiede landwyd ontplooi word.

Maar Gareth Newham, hoof van geregtigheid en geweldvoorkoming van die Instituut vir Sekerheidstudies, glo dié oplossing is kortsigtig aangesien dit 'n korttermynoplossing is – 'n "hoëprofiel-krisisreaksie" –  vir iets wat eintlik 'n ernstige krisis is. Hy sê ook die ontplooiing van die weermag dui daarop dat die polisie nie goed funksioneer of oor die nodige vaardighede beskik nie.

Lees ook: Só bal Cele vuis teen misdaadplaag

* Cele se plan met weermag 'kortsigtig'

weermag
Die eerste lede van die weermag kom Vrydagmiddag in Kaapstad aan. Foto: Jaco Marais

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.