Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Francois van Coke bring hulde aan Rowan Heine

Daar is steeds geen spoor van Rowan Heine (23) van Randburg se moordenaar nie.

Kapt. Mavela Masondo, polisiewoordvoerder van Gauteng, het Dinsdag bevestig niemand is nog in hegtenis geneem nie. Hy het vroeër gesê een of meer mense word in verband met die moord en huisroof gesoek.

Rowan Heine (23) en sy meisie, Simone Philips (23). Die paartjie was onafskeidbaar. Foto: Facebook

Heine is Sondagoggend in sy vriendin, Simone Philips (23), en haar ma se huis in die Woodlands-kompleks in Boskruin, Randburg, deur ’n inbreker doodgeskiet.

Volgens Brenda Philips, Simone se ma, het inbreker(s) Sondag om 02:50 deur die kombuis toegang tot die huis verkry.

Heine het gereeld by die Philips-gesin oorgebly. Die paartjie het wakker geword toe iemand in ’n kas in die kamer grawe. Heine het in ’n stoeiery met die inbreker betrokke geraak, waarna hy in die maag geskiet is. Volgens Adele, Heine se ma, het die nooddiens ’n driekwartier lank gespook om haar kind se lewe te red.

Heine en Philips sou Dinsdag een jaar en 11 maande lank ’n paartjie gewees het.

Intussen het huldeblyke op sosiale media ingestroom. Ook die sanger Francois van Coke het sy medelye uitgespreek.

In ’n video wat op sosiale media geplaas is, sê Van Coke hy is jammer om te hoor van die verlies vir Heine se familie en vriende en dat hy aan hulle dink in dié tyd. Van Coke het nie vir Heine persoonlik geken nie, maar wou net 'n boodskap ter ondersteuning stuur.

Heine was ’n tweedejaarstudent in omgewingsbestuur aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) en ’n sportman wat rugby vir die Misfits-span by die Diggers-rugbyklub in Randburg gespeel het. Hy het ook krieket gespeel en “af en toe ’n paar gholfballe gaan slaan”.

“Hy was gewild en baie lief vir die natuur – ’n besonderse kind,” sê Adele.

“Die verdagte(s) is vort met skootrekenaars, selfone en ’n onbekende bedrag kontant,” sê Masondo.

Heine word ook deur ’n ouer broer, Jacques (27), oorleef.

Meer oor:  Francois Van Coke
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.