Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Geldwa in Pretoria beroof

Die toneel waar die transitorooftog in Laudium, Pretoria, plaasgevind het. Foto: Verskaf

’n Geldwa is Dinsdag in ’n transitorooftog in Laudium, wes van Pretoria, beroof.

Luidens noodboodskappe wat versprei is, het die aanvallers net ná 14:00 by die Standard Bank in ’n sakekompleks in Tangerine-straat toegeslaan.

Minstens vier rowers het die wagte oorval. Een rower het twee wagte in die kajuit van die pantservoertuig aangehou terwyl sy makkers die buit uit die geldwa gepak het.

Hulle het daarna die twee wagte, wat intussen ontwapen is, in die agterkant van die voertuig gedwing en in ’n bakkie weggejaag. Daar is glo ’n skoot op die bakkie geskiet.

Ooggetuies beweer dat meer skote geskiet is en dat die rowers ook probeer het om by die bank in te kom.

* Meer hieroor volg later.

Meer oor:  Pretoria  |  Geldwa  |  Misdaad  |  Beroof
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.