Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Rowers slaan toe buite DA se kantoor

Selfone of internetroeteerders. Dit is wat vermoedelik in die vier bokse was wat Maandag voor die DA se federale kantore in Tuine, Kaapstad, deur vier gewapende mans geroof is.

Die vier mans het ’n afleweringsvoertuig van ’n koeriermaatskappy voorgelê wat toevallig ook dokumente by die DA se kantore moes aflewer. In ’n video wat die DA Dinsdag uitgereik het, kan gesien word hoe drie mans op hul eie verby die afleweringsvoertuig loop waar dit in Millstraat staan.

Hulle elkeen draai om, twee loop na die passasierskant van die voertuig, met een van die mans wat die passasiersdeur oopmaak. ’n Derde man wat gelyk het asof hy waggehou het, loop ook nader en kom help sy twee trawante.

Aan die bestuurderskant van die afleweringsvoertuig hou ’n wit motor stil en verhoed die bestuurder om uit te klim. Sy drie makkers neem vier klein bokse wat in die kajuitgedeelte van die afleweringsvoertuig was en klim daarmee in die wagtende wit voertuig, wat dan wegry.

Die bestuurder van die voertuig spring uit die afleweringsvoertuig en hardloop oor die straat.

Prewin Lombard, bestuurder van die koeriermaatskappy, het Woensdag bevestig dat dit hul afleweringsvoertuig was wat geteiken is. “Daar is gewoonlik selfone en/of routers in daardie dose,” het hy gesê.

Volgens Lombard was die vier bokse vir vier verskillende kliënte bedoel. “Ons moes ook goed by die DA se kantore aflewer, maar dit was agterin die vragmotor toegesluit,” het hy gesê. Daardie goed, vier palette met vermoedelik dokumente in, is Dinsdagmiddag by die DA afgelewer.

Intussen het die polisie gesê dat hulle drie mans vir die rooftog in hegtenis geneem het. Hulle is deur lede verbonde aan die blitspatrollie in Heideveld op die Kaapse Vlakte gevang. Ao. Joseph Swartbooi, polisiewoordvoerder, het gesê hul voertuig is Maandag naby Ascension-en Duynefonteinweg tot stilstand gebring nadat die besonderhede van die voertuig gesirkuleer is.

Drie mans (29, 32 en 39) is in hegtenis geneem en word in die gesig gestaar deur aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde goedere, besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en besit van ’n gesteelde voertuig.

Volgens Swartbooi word die voorval deur speurders van die provinsiale speurkantoor ondersoek.

Meer oor:  Da  |  Gardens  |  Kaapstad  |  Rowers  |  Afleweringsvoertuig  |  Gewapende Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.