Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: EFF-betogings teen H&M kring landwyd uit
Die H&M in Menlyn Park is geplunder ná ’n EFF-betoging in dié winkelsentrum. Foto: Twitter

Die grootskaalse betoging deur EFF-lede teen 'n omstrede advertensie het landwyd uitgekring.

'n Groep betogers van die EFF het Saterdagoggend toegesak op die H&M-winkel by die Menlyn Park-inkopiesentrum in Pretoria en dié winkel tot stilstand gedwing.

Groot skade is by dié winkel aangerig. Rubberkoeëels moes gevuur word om die skare mense uiteen te jaag.

Die winkel moes inderhaas sy winkel sluit en ander winkels in die sentrum het ook hul deure toegemaak.

Betogings oor Gauteng heen is aangemeld, onder meer by die Mall of Africa, Sandton City en East Rand Mall. Kort voor 14:00 het die polisie bevestig dat daar ook betogings is by die H&M-winkel in die Kaapse Waterfront. Dié winkel is ook inderhaas gesluit.

* By die East Rand Mall is skote om 12:10 aangemeld, sê 'n woordvoerder van die veiligheidsdiens Willshir Security.

* Betogings by die Mall of the South het omstreeks 11:45 begin.

Vermy hierdie winkels

Die winkels wat geraak word en wat om veiligheidshalwe vermy moet word, is na wat verneem word:

Wes-Kaap

  • Kaapse Waterfront
  • Somerset Mall
  • Table Bay-sentrum
  • Canvendish Square
  • Canal Walk

KwaZulu-Natal

  • Galleria Mall
  • Gateway
  • Boardwalk

Gauteng

  • Sandton City
  • Mall of Africa
  • Mall of the South
  • Clearwater Mall
  • East Rand Mall

Mpumalanga

  • Ilanga Mall
  • Highveld Mall

Limpopo

  • Mall of the North

Die polisie was ook Saterdagoggend gou op die toneel in Menlyn Park om die betogers uiteen te jaag. EFF-lede is teen 13:30 deur die polisie by die inkopiesentrum uitgelei. Beeldmateriaal van betogers wat rakke omskop en winkelpoppe omgooi, het dadelik op sosiale media verskyn. Verskeie artikels is ook gesteel, het die polisie gesê.

Die EFF betoog oor 'n onlangse advertensie met 'n swart kindermodel in wat die klerereus genoop het om verskoning te vra.

“Dis goed dat die vegters daar is om teen H&M te betoog. Die EFF is nie ‘n beweging wat net korrupsie beveg nie, maar is ook ‘n anti-kapitalistiese beweging,” sê Mandisa Mashego, hoof van die EFF in Gauteng.

Sy sê die ma van die kind in die H&M-advertensie mag dalk nverstaan dalk nie waaroor almal kwaad is nie, maar dis nie net sy wat hierdeur geraak word nie. “Daar is swart mense wat nie ‘n probleem het daarmee as hulle k****s genoem word nie, maar dit beteken nie dit is reg nie. Dis dieselfde in hierdie situasie. Dit raak ons almal”.

Die ma van die kind wat in die omstrede advertensie van H&M gebruik is, het die advertensie verdedig. Foto saamgestel van sosiale media.

Mashego sê die kind se ma verdedig H&M waarskynlik omdat dit hul enigste inkomste is en dit nie wil verloor nie. 

Ook Floyd Shivambu, adjunkleier van die EFF, het die betogings verdedig.

Gebruikers van sosiale media het mense begin waarsku oor die betogers in hul rooi klere wat amok maak.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het ook op die grootskaalse geweld gereageer:

* Hou Netwerk24 dop vir verdere verwikkelinge.

Meer oor:  Betogings  |  Chaos  |  Menlyn Mall  |  Winkelsentrum  |  Eff
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.