Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Inbrekers skiet buurman wat huisbraak afneem

Waarskuwing: Die video kan sommige lesers ontstel.

noodhelikopter
Die Netcare 911- en Emer-G-Med-nooddienste het die gewonde man, wat in 'n kritieke toestand was, op die toneel behandel en gevorderde lewensondersteuning toegepas. Hy is met 'n noodhelikopter na ‘n hospitaal geneem.

’n Huisbraak in Edenvale aan die Oos-Rand het Sondag skielik ’n saak van poging tot moord geword toe rowers opmerk ’n 70-jarige buurman oorkant die pad neem hulle met sy selfoon af.

In die selfoonvideo, wat die polisie as eg bevestig het, sit die man in sy eie voertuig en neem ’n video van ’n wit voertuig by die huis oorkant die pad.

Toe die voertuig oorkant die pad wegtrek, laat sak hy die selfoon tot op sy skoot, maar hou aan afneem. Die volgende oomblik kom die rowers van die kant af. In die video vra die man, “Wat is dit?” terwyl die selfoon op sy skoot aanhou afneem.

“Ek het nie . . . Waarvan praat julle?” vra hy dan en kort daarna word ’n handwapen sigbaar in die selfoonkamera se gesigveld.

Die rowers skree dan “Ons gaan jou skiet!” waarop die man sê hulle kan “dit”, vermoedelik sy selfoon, vat.

Dan hoor jy die skoot in die agtergrond, waarna die man na ene “Michael” roep en aan “Michael” se deur gaan hamer. Die skietwond is sigbaar op sy T-hemp.

Volgens brig. Mathapelo Peters, polisiewoordvoerder in Gauteng, het die huisbraak Sondag omstreeks 13:15 in Eden Glen in Edenvale plaasgevind.

Peters sê die rowers het ná die huisbraak opgemerk daar is huurders op die erf wat onbewus was van die inbraak, en hulle ook sommer beroof.

“Terwyl die verdagtes die erf verlaat het, het hulle ’n 70-jarige buurman opgemerk wat besig was om die voorval met sy selfoon af te neem. Hulle het in sy rigting geloop en aangedring op sy selfoon. Toe hulle sukkel om dit te kry, het hulle hom geskiet. Die slagoffer is met ’n noodhelikopter na die naaste hospitaal geneem,” aldus Peters.

Die Netcare 911- en Emer-G-Med-nooddienste het die gewonde man, wat in 'n kritieke toestand was, op die toneel behandel en gevorderde lewensondersteuning toegepas. Hy is met 'n noodhelikopter na ‘n hospitaal geneem.

 


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.