Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Inperking: Meer as 15 000 reeds in Gauteng vas

Meer as 15 000 mense in Gauteng, wat glo die regulasies van die staat van inperking verontagsaam het, is reeds sedert op 27 Maart in hegtenis geneem, sê lt.genl. Elias Mawela, provinsiale polisiekommissaris.

’n Lid van die Johannesburgse metropolisie neem Donderdag ’n man in Soweto in hegtenis. Foto: Bonolo Selebano

Mawela het Donderdag saam met lede van die polisie en die weermag deelgeneem aan operasies om die regulasies in Soweto, Johannesburg, af te dwing.

Mawela het gesê hy betreur dit dat mense nie aan die regulasies gehoor gee nie. Volgens hom beskou hierdie mense klaarblyklik nie die virus as ’n ernstige bedreiging vir die welsyn van die gemeenskap nie.

“Ons is nie trots daarop dat ons soveel mense in hegtenis neem nie, maar ons het geen ander keuse nie. Ons moet die land se wette afdwing.

“As jy die wet oortree, sal jy met die gereg te doen kry,” het Mawela gesê.

“Ons doen ’n beroep op ons mense om die wet te eerbiedig.”

Hy het ook sy misnoeë uitgespreek oor polisielede wat weens oortredings in hegtenis geneem word. Hy het verwys na ’n voorval die afgelope naweek waarin ses polisielede in hegtenis geneem is omdat hulle na bewering tydens ’n inperkingsoperasie op die ou Bronkhorstspruit- en Witbankpad R37 900 uit ’n voertuig gesteel het.

“Ons Grondwet stel dit baie duidelik dat almal gelyk voor die reg is. Ses polisielede is by ’n padblokkade in hegtenis geneem en daar is etlike ander sake landwyd waarin regulasies oortree word en van wie sommiges wat ook by misdaad betrokke is,” het Mawela gesê.

In die Vrystaat is vyf polisielede, onder wie ’n reservis, in hegtenis geneem nadat hulle na bewering oor die naweek in ’n plaaslike taverne gedrink het.

Ons Grondwet stel dit baie duidelik dat almal gelyk voor die reg is.

’n Klipgooi van waar Mawela op die Bara-taxistaanplek gepraat het, het Faith Mazibuko, Gautengse LUR vir gemeenskapsveiligheid, en lede van die Johannesburgse metropolisie die eienaar van RedBull Meats in hegtenis geneem omdat hy glo vleisprodukte verkoop het waarvan die vervaldatum verstryk het.

Mazibuko het gesê die man se kleinhandel-slagterslisensie is ook opgehef.

“Ons het gaan ondersoek instel nadat ons opgelet het dat daar ’n reuk uit sy winkel kom. En wat hartseer is, is dat mense in lang rye staan om daar te koop,” het sy gesê.

Meer oor:  Soweto  |  Johannesburg  |  Koronavirus  |  Covid-19-Virus  |  Inperking  |  Inperkingsregulasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.