Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Kaapstad-stasie wéér in ligte laaie
Die Kaapstadse treinstasie is Saterdag vir ’n tweede keer in ligte laaie nadat dit Maandag aan die brand gesteek is. Foto: Kaapstad brandweer

Die Kaapstadse treinstasie is in rook gehul nadat 'n trein aan die brand gesteek is. Platform 13 is slegs enkele dae nadat platform 15 en 16 in 'n brand beskadig is, aan die brand gesteek.

Theo Layne, woordvoerder van Kaapstad se brandweer, sê teen 17:40 was daar 19 lede van die brandweer op die toneel. Verder is die hulp ingespan van drie brandweerwaens.

Dit is vier dae nadat twee peronne wat Maandag deur ’n brand beskadig is, herstel is. Layne sê brandstigting word vermoed.

Die aktivis Zackie Achmat het sy kommer op Twitter uitgespreek met ’n videoplasing van die brand en rook wat by die stasie se dak uitborrel. Hy het daarna verwys as “ekonomiese sabotasie”.

“Dis tyd vir massa aksie en die regering om die sindikate te vind. Verklaar nou ’n noodgeval vir die treindiens,” het hy getwiet.

Meer oor:  Treinwaens  |  Brandskade  |  Prasa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.