Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Kringtelevisie wys Natasha se ‘laaste ure’

Beeldmateriaal van kringtelevisiekameras wys hoe Natasha Mans op die dag van haar “verdwyning” data koop by ’n vulstasie in Langenhovenpark, Bloemfontein.

Mans (41) het op Donderdag 31 Mei omstreeks 09:02 sowat R60 se Vodacom-data by die Total-vulstasie gekoop. Dit is waarskynlik die laaste keer dat sy lewendig gesien is.

Natasha Mans (41, regs bo) koop Donderdag 31 Mei data by die Total-vulstasie in Langenhovenpark, Bloemfontein, voor sy later die oggend “verdwyn” het. Foto: Skermgreep

Haar lyk is sowat twee weke later op 13 Junie onder ’n boom op die erf van Dennis Casten, haar vriend met wie sy ’n huis gedeel het, in Groenvlei buite Bloemfontein gevind.

Sy het ’n wond in haar bors gehad en Casten se rewolwer is langs haar lyk gevind. Dié vuurwapen is egter nie die moordwapen nie. Mans se lyk was glo koud en die polisie het vroeër gesê dit kan wees omdat sy moontlik eers in ’n vrieskas gehou is.

Sy is vermoedelik met ’n stomp voorwerp oor die kop geslaan.

Volgens die beeldmateriaal wat Netwerk24 bekom het, kan gesien word hoe Mans by die vulstasie se winkel instap, data koop en dan weer uitstap. Hoewel die tyd op die beeldmateriaal wys dit was 08:37 toe Mans in die winkel was, verneem Netwerk24 dit is omdat die tyd op die stelsel verkeerd is.

Die tyd op die strokie wat sy met haar aankope gekry het, wys egter die tyd is 09:02.

Sy is daarna reguit huis toe en het nie weer die huis verlaat nie.

Terwyl daar steeds onsekerheid by die polisie heers oor wie die ondersoek gaan doen, verneem Netwerk24 dat Mans se familie ’n private speurder aangestel het om met die ondersoek te help.

Leon Rossouw, private speurder, het bevestig hy is deur Mans se familie aangestel en het gesê hy is besig om die legkaart van Mans se laaste ure aan mekaar te sit.

Hy wou nie verder kommentaar lewer nie.

Konst. Wendy Nkabi, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek duur voort. Daar word steeds op die uitslae van die nadoodse ondersoek gewag.

Meer oor:  Natasha Mans  |  Dennis Casten  |  Kringtelevisie  |  Vermoor  |  Kameras  |  Beeldmateriaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.