Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Man helder oordag in Jhb doodgeskiet

’n Video wat op sosiale media die ronde doen, wys hoe ’n man helderoordag op ’n sypaadjie in Newtown, Johannesburg, doodgeskiet word.

Kapt. Mavela Masondo, provinsiale polisiewoordvoerder, sê die man is Dinsdagoggend op die toneel dood verklaar.

Videomateriaal wys hoe ’n man ’n sportnutsvoertuig parkeer. ’n Netjies geklede man klim uit en haal ’n skootrekenaarsak uit die kattebak.

Die man loop op die sypaadjie, waarna iemand in ’n grys kappie-baadjie agter hom aangehardloop kom.

Sonder om tot stilstand te kom, pluk die moordenaar sy vuurwapen uit en skiet die slagoffer van agter. Die slagoffer val en terwyl hy nog beweeg trek sy moordenaar nog ’n skoot af.

Daarna draai die moordenaar om en hardloop weg.

Die polisie vermoed dat nog verdagtes by die moord betrokke is. Die video wys hoe twee ander mans voor die moord verby die parkeerplek stap en rondkyk.

Volgens Masondo is die motief vir die moord nog onbekend. Hy het ’n beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gevra om die polisie te bel.

Masondo het bevestig die slagoffer is nie beroof nie.

Meer oor:  Newtown  |  Johannesburg  |  Man  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.