Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Man vas ná verpleegster in kliniek aangerand is

’n Verpleegster in die Vaalwater-kliniek in Limpopo wat haar man gestaan het teen ’n lid van die publiek wat wou hê dat sy onwettig ’n tweede kennisgewing van geboorte aan sy vriendin uitreik en daarna glo aangerand is, is geloof vir haar standvastigheid.

’n Video wat van die voorval gemaak is, het soos ’n veldbrand op sosiale media versprei en verpleegsters werk sedert die voorval nie meer nagskof nie. Die man is ook intussen in hegtenis geneem.

Die LUR vir gesondheid in Limpopo, Phophi Ramathuba.

Die uitreiking van ’n tweede kennisgewing is teen die departement van gesondheid se beleid.

Volgens wet mag net een geboorte- of sterftekennisgewing vir elke individu uitgereik word om korrupsie en sameswering te voorkom, het ’n woordvoerder van die departement gesê.

Phophi Ramathuba, LUR vir gesondheid in Limpopo, het gesê die verpleegster, wie se naam nie bekend gemaak is nie, het volgens die wet en in belang van die staat en die land opgetree.

“Daarom het die departement nie gehuiwer om die man by die polisie aan te gee nie.”

Ramathuba het gesê sy inhegtenisneming moet dien as ’n waarskuwing aan enigiemand wat durf om ’n misdaad in ’n gesondheidsfasiliteit te pleeg.

Sy het die publiek aangeraai om hul klagtes via departementele kanale in te dien as hulle ongelukkig oor iets is.

Sy het gesê enige lid van die publiek wat dit waag om gesondheidswerkers aan te rand, sal in hegtenis geneem word.

Die departement voer tans samesprekings met rolspelers in die gemeenskap sodat die kliniek binnekort weer 24 uur per dag sal oop wees en verpleegsters hul nagskofwerk kan hervat.

Meer oor:  Vaalwater  |  Kliniek  |  Verpleegster
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.