Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Man vas wat inperking bespot, glo dwelms gebruik

’n Jong man is in hegtenis geneem nadat hy op ’n video die nasionale staat van inperking bespot en glo dwelms voor ’n polisiekantoor in Lyttelton, Pretoria, gebruik het.

Weet jy wat, ons scheme f*k Covid-19, f*k koronavirus, ma se p**s, ons worry nie.

In ’n video wat sedert 27 Maart die ronde op sosiale media doen, kan twee mans gesien word. Die een man (23) maak ’n bespotting van die staat van inperking met vloekwoorde. “Weet jy wat, ons scheme f*k Covid-19, f*k koronavirus, ma se p**s, ons worry nie,” sê hy in die video.

“Hierdie is my boetie . . . j****s, ons ry in die strate. No lockdown, wie sê wat,” sê hy terwyl hy sy middelvinger vir die kamera wys.

Die man se bespotting van die grendelstaat brei dan uit na polisielede. “G*d, ek gaan in zoom, daar is ’n p**s polisie-van voor ons. Ma se p**s, koronavirus, ma se p**s,” sê die man verder.

In nog ’n deel van die video spog die man dat hy dwelms voor ’n polisiekantoor gebruik. “Ek voel ’n p**s oor korona, ek doen tik voor die Lyttelton-polisiestasie,” sê hy.

Ek is ’n druggie. Ek doen baie dwelms. Ek ly ook aan depressie. Ek het die ander dag in ’n video dwelms gedoen en kru taal gebruik oor die koronavirus en die polisie. Ek is jammer. Ek gaan deur baie sh*t.

In ’n tweede video erken die verdagte dat hy verkeerd opgetree het. “Ek is ’n druggie. Ek doen baie dwelms. Ek ly ook aan depressie. Ek het die ander dag in ’n video dwelms gedoen en kru taal gebruik oor die koronavirus en die polisie. Ek is jammer. Ek gaan deur baie sh*t,” sê hy in die video.

Die verdagte sê verder in die video hy is deur die private speurder Mike Bolhuis opgespoor. “Ek het intussen ’n program begin om my te help met die dwelms.”

Bolhuis het aan News24 bevestig dat hy die man opgespoor het.

Vish Naidoo, nasionale polisiewoordvoerder, sê in ’n verklaring die man is in hegtenis geneem omdat hy die regulasies van die rampbestuurswet oortree het.

“Die verdagte sal aanklagte in die gesig staar omdat hy die regulasies van die rampbestuurswet oortree het deur sonder rede op straat te wees. Hy sal na verwagting Maandag in die streekhof in Pretoria verskyn,” lui die verklaring.

“Die man se inhegtenisneming saam met ses ander vir soortgelyke oortredings, sowel as vir die verspreiding van fopnuus, moet dien as ’n waarskuwing dat die owerhede die kapasiteit het om hierdie mense te vervolg, maak nie saak hoe lank dit sal vat nie,” sê Naidoo in die verklaring.

Meer oor:  Mike Bolhuis  |  Inperking  |  Covid-19  |  Dwelms  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.