Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Mandjies, trollie vlieg in geveg in Canal Walk

Die Canal Walk-winkelsentrum in Kaapstad sê hy werk saam met die polisie om ’n geveg wat Saterdagaand in die sentrum uitgebreek het, te ondersoek.

Video’s van die voorval waarin winkelmandjies deur die lug vlieg en selfs ’n winkeltrollie ingespan word, is op sosiale media versprei.

Volgens Canal Walk het ’n groep jong mense Saterdagaand geweier om die sentrum te verlaat nadat dit gesluit het en “gewelddadig gereageer” deur veiligheidswagte aan te val terwyl hulle na buite begelei is.

Beeldmateriaal wys hoe ’n groep van meer as tien jong mans op roltrappe baklei. Later word winkelmandjies en selfs ’n winkeltrollie oor en weer gegooi.

Gavin Wood, uitvoerende hoof van Canal Walk, sê in ’n verklaring die sentrum het ’n standpunt van “geen verdraagsaamheid” jeens sodanige optrede en ten einde ’n “veiliger omgewing te skep gaan alle antisosiale gedrag” vasgevat word, waaronder mense wat vir kwaadgeld rondhang en dat reg van toegang voorbehou gaan word. Enigiemand wat optree op ’n manier wat ’n negatiewe invloed op besoekers het, sal toegang geweier word.

“Ons werk ten nouste saam met die polisie om dié saak te ondersoek omdat die veiligheid van ons klante van die uiterste belang is.”

Die polisie het bevestig dat hulle omstreeks 23:00 ontbied is nadat ’n bakleiery in die winkelsentrum uitgebreek het. Twee aanklagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer, word ondersoek. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

Mihlali Majikela, polisiewoordvoerder, het Maandagmiddag gesê daar word beweer dat ’n groep jeugdiges in ’n geveg met ’n veiligheidswag betrokke geraak het.

Meer oor:  Kaapstad  |  Misdaad  |  Bakleiery
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.