Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Motorfietsridder stuit grypdief

’n Johannesburger het soos ’n ridder op ’n ysterperd ’n grypdief in die verkeer gekeer om met ’n motoris se rekenaar weg te kom.

Anton Damhuis (48) was na werk op sy gewone roete deur Alexandra, noord van Johannesburg, op pad huis toe.

Hy het uit die hoek van sy oog gesien hoe ’n man in ’n glimbaadjie deur die verkeer beweeg.

“Ek het aanvanklik gedink hy probeer ’n saamrygeleentheid by die motor voor my kry.”

Maar toe die man in ’n oënskynlike ruk-en-pluk-geveg met die bestuurder van die motor betrokke raak, het Damhuis besef iets skort. Die man was besig om ’n skootrekenaar van die passasiersitplek af te steel en die bestuurder het probeer keer dat hy dit deur die venster trek.

“Ek het besluit om in te gryp en wou die man (die grypdief) met my motorfiets vaspen,” het Damhuis gesê.

Toe die grypdief vlug, het Damhuis hom agternagesit totdat hy die skootrekenaar laat val en weggehardloop het.

“Ek sal dit weer doen as ek in so ’n situasie kom, want ek dink dis verkeerd dat mense met hierdie tipe ding wegkom,” sê Damhuis.

Damhuis het geen beserings opgedoen nie, maar sy motorfiets se stoplig en flikkerlig is beskadig.

Meer oor:  Johannesburg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.