Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Motorwag help keer dat bakkie gesteel word

Vyf mans is Saterdagmiddag in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om ’n wit Isuzu-dubbelkajuitbakkie te steel.

Dit was te danke aan ’n parate motorwag en die plaaslike buurtwag dat ’n inwoner van Macassar naby Somerset-Wes nie sy bakkie kwyt is nie.

’n Skermgreep van ’n video wat op sosiale media versprei word. In die video kan gesien word hoe ’n lid van ’n veiligheidsmaatskappy ’n wit Toyota Corolla voorkeer en die mans deursoek.

Volgens Philip Versveld, inligtingskoördineerder van die Strand-buurtwag, het ’n motorwag die buurtwag geskakel om te sê twee mans het hom probeer omkoop om te maak of hy niks sien nie.

Versveld sê toe hy en sy span hoor van die verdagtes in ’n wit Toyota Corolla, het hulle na Kusweg gery om ondersoek in te stel.

“Ek het gesien hoe die mans, wat in twee verskillende voertuie aangekom het, by die bakkie inklim en die drade probeer koppel om hom aan die gang te kry,” sê Versveld.

“Hulle kon dit nie regkry nie en het weggery. Ek het toe ander veiligheidsmense in die gebied en die polisie in kennis gestel en gewag dat hulle terugkeer.”

Versveld se vermoedens was reg. Die mans hét toe teruggekeer, dié keer met nog makkers in ’n ander voertuig.

“Hulle probeer toe ’n tweede keer om die bakkie aan die gang te kry. Dit is toe dat ons besluit het ons het genoeg gesien.”

Versveld en ’n lid van Gordons Bay Security het die mans in die wit Toyota voorgekeer en die polisie gebel. Kliek hier om video te sien.

’n Stuk gereedskap wat gebruik word om voertuie se slotte oop te breek, is in die motor gekry, asook ’n ’n groot bos sleutels wat vermoedelik gebruik word om ouer voertuie te steel.

Die vyf mans tussen van 32 en 45 jaar oud, word in die selle by die polisiekantoor in die Strand aangehou en word aangekla van poging tot diefstal van ’n motorvoertuig asook die besit van toerusting om diefstal te pleeg, sê kapt. FC van Wyk, polisiewoordvoerder.

Meer oor:  Macassar  |  Buurtwag  |  Isuzu  |  Steel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.