Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Net so ‘verdwyn’ man se sak in Neelsie op US

In ’n oogwink het twee mans wat verby ’n besoeker aan die Neelsie-studentesentrum in Stellenbosch se tafel gestap het, sy sak geneem, wys ’n video wat sedert Donderdag versprei is.

In die beeldmateriaal van die kringtelevisie in die sentrum kan gesien word hoe die mans verby ’n tafel stap waar drie mans sit en ’n swart skootrekenaarsak op die vloer teen die tafel lê.

Terwyl die mans verbystap, stamp hulle die sak met hul voete al hoe verder van die tafel af. Dit word later teen die trappe afgestoot, waar nog tafels gepak met studente is.

’n Skermgreep van die beeldmateriaal wat Donderdag in die Neelsie-studentesentrum geneem is, net voordat ’n man se skootrekenaar en sak gesteel is. Foto: Skermgreep

Later tel een van die mans die sak op en die twee stap weg tussen die tafels in die middel van die sentrum, wys die video wat om 13:30 geneem is.

Die Universiteit Stellenbosch (US) het Vrydag bevestig dat twee onbekende mans hulle na bewering as studente voorgedoen en ’n skootrekenaar en sak gesteel het.

Die eienaar van die items het dit by die Neelsie se veiligheidsdienste aangemeld.

Enigiemand met meer inligting oor die voorval of wat die mans kan uitken, kan die US se kampussekuriteit by 021 808 2333 bel.

Twee mans stap verby ’n tafel in die Neelsie en stamp ’n skootrekenaarsak weg van die tafel af. Foto: Skermgreep
Die twee mans staan met hul rug op die tafel gekeer en die skootrekenaarsak voor hulle. Foto: Skermgreep
Later tel ’n man in ’n wit hemp die sak op wat tot op die trappe gestoot is en die twee stap dan weg. Foto: Skermgreep

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.