Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Nog ’n Golden Arrow-bus deur petrolbom vernietig

Nog ’n Golden Arrow-bus het uitgebrand nadat dit Donderdagnag in Kaapstad met petrolbomme bestook is. Een persoon het ’n ligte besering opgedoen.

Dit is die negende bus van Golden Arrow wat sedert die begin van die jaar in die stad verwoes is in voorvalle van vandalisme.

Bronwen Dyke-Beyer, woordvoerder van Golden Arrow, sê hul busse is oornag in drie afsonderlike voorvalle in die Mfuleni-gebied geteiken.

Behalwe vir die bus wat uitgebrand het, was daar ook twee mislukte petrolbomaanvalle.

In hierdie stadium is die motief nie duidelik nie, want daar was geen betogings of soortgelyke aktiwiteite in die gebied nie,” sê Dyke-Beyer.

Sy sê as voorsorgmaatreël word busse uit die gebied onttrek terwyl die polisie die saak ondersoek.

“Ons veroordeel hierdie gewelddadige aanvalle ten sterkste en wil die publiek daaraan herinner dat ons ’n beloning van R200 000 uitgereik het vir enige inligting wat sal lei tot die inhegtenisname en suksesvolle vervolging van die brandstigters.”

Die busmaatskappy het vroeër gesê voorvalle van vandalisme tussen April 2019 en einde Maart vanjaar het hulle net minder as R32 miljoen gekos weens busse wat beskadig of vernietig is.

Dyke-Beyer het vroeër gesê dit kos sowat R2,4 miljoen om ’n bus te vervang en dit kos ook baie om beskadigde vensters te vervang wat uitgegooi word. Sitplekke word ook gereeld gevandaliseer.

Enigeen met inligting oor die aanvalle kan 0800 11 11 67 bel.

Meer oor:  Golden Arrow  |  Kaapstad  |  Vernietig  |  Bus  |  Petrolbom
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.