Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: NVG besluit nog oor lot van pouslaner
’n Videogreep van die man wat ’n pou met ’n graaf doodgeslaan het in Port Elizabeth. Foto: Videogreep

VIDEO: WAARSKUWING – DIE BEELDMATERIAAL KAN SOMMIGE KYKERS ONTSTEL.

Die nasionale vervolgingsgesag gaan voor die einde van Oktober besluit of hulle die man van Port Elizabeth wat ’n pou met ’n graaf doodgeslaan het, gaan vervolg.

’n Klag van dieremishandeling word teen die 63-jarige man, wie se identiteit aan Netwerk24 bekend is, ondersoek.

Die man is op video vasgelê waar hy by die Fernkloof-woonkompleks ’n pou met ’n graaf toetakel en sy kop afspit.

Kol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, sê die dossier is steeds by die aanklaers wat die besluit moet neem.

Die man se prokureur het ná die insident gesê hy het die pou doodgemaak omdat die voël erg beseer was en hy hom lyding wou spaar.

Die video, waarop mense met skok en afgryse reageer het, is geneem deur iemand wat ten tyde van die voorval die kompleks se grensheining ondersoek het om ’n kwotasie vir konstruksiewerk te gee.

Op die video kan ’n mens sien hoe die spartelende pou herhaaldelik met ’n graaf geslaan word.

Hierna word die pou se kop afgespit en in ’n swart plastieksak gesit.

Arnold Slabbert van Wildline, ’n stedelike kleinwildbewaringsgroep, het die saak by die polisie aanhangig gemaak.

Meer oor:  Port Elizabeth  |  Pou
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.