Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Oorlog dreig ná bendebaas se skietdood

Die vermeende leier van die Hard Livings-bende, Tauriq “Ballie Tips” Solomons, is Donderdagmiddag in Westridge, Mitchells Plain in Kaapstad, doodgeskiet.

Mense op die toneel op die hoek van Silversands- en De Duinweg in Westridge sê hulle het ’n wit Hyundai i20 sien verbyry en toe skote hoor klap. Hulle sê Solomons is vermoedelik twee keer in die gesig en minstens een keer in die been getref. Hy is op die toneel dood.

Lede van die polisie en weermag op die toneel waar Tauriq “Ballie Tips” Solomons, vermeende leier van die Hard Livings-bende, Donderdag koelbloedig doodgeskiet is. Foto: Maygene de Wee

Volgens polisiebronne op die toneel is Solomons egter minstens vier keer in die bolyf en een keer in die kop getref. Hulle vermoed die aanvallers was lede van die 28’s-bende.

Die weermag was omstreeks 17:20 op die toneel, waarna hulle Westridge en omliggende buurte gepatrolleer het.

Donderdag se skietery volg op ’n skietvoorval verlede week in die Paarl waarin vermeende lede van die Hard Livings op mense in ’n agterplaas in Chicago geskiet het.

Hashiem Solomon is in die voorval dood. Hy is ’n familielid van Ernie “Lastag” Solomon, vermeende leier van die 28’s in die Wes-Kaap.

’n Maand voor dié voorval is vier mense in ’n huis wat vermoedelik aan die Hard Livings in Portland in Mitchells Plain behoort, doodgeskiet.

Volgens ooggetuies het die voertuig Donderdag stilgehou, ’n onbekende aantal aanvallers het uitgeklim en Solomons geskiet.

Die voertuig is op die hoek van A.Z. Bermanlaan en Spinestraat gevind, maar die skieters het ontsnap.

Lede van die Hard Livings het Donderdag gesê daar is nou “f****l meer vrede nie” en gedreig met “oorlog”.

Tauriq “Ballie Tips” Solomons, vermeende leier van die Hard Livings-bende is Donderdag in Westridge, Kaapstad, in die verbyry doodgeskiet. Foto: Maygene de Wee
Tauriq “Ballie Tips” Solomons, vermeende leier van die Hard Livings-bende is Donderdag na bewering deur lede van die 28-bende doodgeskiet. Foto: Facebook
Tauriq “Ballie Tips” Solomons. Foto: Facebook

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.