Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Polisie monitor betoging in Kroonstad
Inwoners van Brentpark in Kroonstad het Woensdag ’n pad na hul woongebied met brandende buitebande en ander rommel versper. Foto: Izeth Wessels/KroonNuus

Die polisie in Kroonstad monitor die situasie in een van dié Vrystaatse dorp se woonbuurte waar ontevrede inwoners vroeër paaie versper het.

’n Handvol inwoners van Brentpark, Kroonstad, het vroeg Woensdagoggend die ingang na hul woonbuurt en die nywerheidsgebied met brandende buitebande, rommel en klippe versper.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die mense het voorheen oor swak dienslewering gekla waarna Motshidisi Koloi, burgemeester van die Moqhaka- plaaslike munisipaliteit, met hulle vergader het.

Sy moes terugvoer aan die inwoners gee oor hul griewe oor onder meer elektrisiteit, water en riool. Sy het glo nie en die inwoners het weer die strate ingevaar om te betoog.

Volgens Thakeng is die polisie se eenheid vir openbare orde op die toneel. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Inwoners van Brentpark in Kroonstad het Woensdag betoog en paaie versper weens swak dienslewering. Foto: Izeth Wessels/KroonNuus
Meer oor:  Kroonstad  |  Polisie  |  Betoging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.