Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Polisie soek man ná padwoede-voorval

Die polisie in Makhanda (Grahamstad) in die Oos-Kaap is op soek na die bestuurder van ’n wit bakkie wat onlangs by ’n padwoedevoorval betrokke was.

Die voorval het volgens die polisie Sondagmiddag in Beaufortstraat op die dorp gebeur.

’n Skermgreep van die beweerde padwoede-voorval wat Sondagmiddag in Makhanda (Grahamstad) gebeur het. Foto: Skermgreep

In ’n video van die voorval kan ’n mens sien hoe ’n man ’n ander man slaan en daarna in ’n wit dubbelkajuitbakkie klim en wegjaag. Terwyl die bakkie wegjaag, word ’n blou Tazz, wat voor teen die bakkie gestaan het, uit die pad gestamp.

Na bewering het die Tazz glo oomblikke voor die aanrandingsvoorval in trurat teen die bakkie vasgery.

Die man wat deur die bakkie-bestuurder aangerand word, was glo ’n insittende óf die bestuurder van die Tazz.

Kapt. Mali Govender, polisiewoordvoerder, sê die omstandighede rondom die voorval word nog ondersoek.

’n Klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer is Maandag deur die man van die Tazz by die polisie aangemeld. Die man is volgens die polisie in sy 30’s.

Govender sê die klag is later na gewone aanranding verander.

Die polisie weet tans nie wie die bestuurder van die bakkie was nie en niemand is teen Dinsdagmiddag in verband met die voorval aangekeer nie.

Enigeen met inligting oor die voorval kan die polisiekantoor in Makhanda by 046 603 9152 skakel.

Meer oor:  Makhanda (Grahamstad)  |  Misdaad  |  Polisie-Soektog  |  Video
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.