Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Polisie verbrand 1,5 t dagga in George

Meer as een ton dagga is Dinsdag in George in die Suid-Kaap vernietig.

Die polisie het op dieselfde geleentheid sy gebeurlikheidsplanne vir die feestyd bekend gemaak.

Daar is gedurende die eerste fase van die gebeurlikheidsplan, wat van middel Oktober tot 30 November geduur het, in verskeie dorpe in die Suid-Kaap op die dagga beslag gelê. Daar is ook op handwapens soos messe, pangas en assegaaie beslag gelê wat met misdade verbind word.

Altesame 1,5 ton dagga is Dinsdag by die Denneoord-landingstrook in George deur die polisie verbrand. Foto: Jackie Kruger

Die 1,5 ton dagga is by die Denneoord-landingstrook in George verbrand. Die dagga was sowat R4 miljoen werd.

Lt.genl. Oswald Reddy, polisiehoof in die Eden-gebied, het op ’n nuuskonferensie gesê daar is ook beslag gelê op meer as 1 miljoen liter se drank van onwettige persele. Meer as 5 000 mense is in hegtenis geneem. Altesame 908 van dié inhegtenisnemings was vir kontakmisdade.

Oor die misdaad in die streek sê hy dwelms en alkohol speel ’n groot rol in die gesinsgeweld. Baie moorde is ook met messe gepleeg en al 13 polisiekantore in die polisiëringsgebied ondervind ’n groter probleem met messe as vuurwapens.

In George, Knysna en Oudtshoorn was daar ook ’n toename in roof met verswarende omstandighede en eiendomsverwante misdade. Die dorpe het die grootste polisiekantore in die streek.

“Vanjaar was die statistiek vir dwelmverwante misdade minder weens wetgewing,” het Reddy bygevoeg.

Volgens hom sal die polisie gedurende die feestyd sy sigbaarheid verskerp en onder meer winkelsentrums, klubs sakekerns en strande patrolleer.

Op die mediakonferensie het dit aan ook aan die lig gekom dat die Plett Rage-matriekvakansiefees in Plettenbergbaai nie tot misdaad in dié kusdorp bydra nie.

Volgens die kusdorp se polisiebestuur is dit meestal sekondêre diefstalle wat tydens die fees plaasvind soos selfone en kontant wat gesteel word deur opportunistiese misdadigers. Die polisie het egter ’n uitgebreide plan om die besoekers veilig te hou.

Reddy sê daar is ’n toename in toestelle wat gebruik word om motors se alarmseine te blokkeer.

Benewens inbrake by motors is daar volgens Reddy dikwels ook slenters met versekeringseise. “Kruideniersware sal uit ’n motor gesteel word en dan eis die eienaar sommer ’n iPad van die versekering.”

Meer oor:  George  |  Polisie  |  Verbrand  |  Dagga
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.