Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Polisieman trek 2 vas ná rooftog
Winhall & De Stadler Jewellers in die Blue Route-winkelsentrum in Tokai is Maandag beroof. Foto: Twitter

’n Polisieman wat Maandag die Blue Route-winkelsentrum in Tokai, Kaapstad, besoek het, het twee vermeende rowers aangekeer nadat ’n juwelierswinkel in die sentrum beroof is.

Volgens die polisie het vyf rowers op die juwelierswinkel toegeslaan. Twee van hulle was gewapen.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die polisieman het gesien wat gebeur en die verdagtes agterna gesit.

“Skote is buite op die parkeerterrein afgevuur, maar gelukkig is niemand beseer nie.”

Die polisieman het twee verdagtes vasgetrek. Die ander drie is nog op vrye voet.

Die twee verdagtes, van onderskeidelik 24 en 28 jaar oud, sal binnekort in die landdroshof in Wynberg verskyn.

Die Blue Route-winkelsentrum sê in ’n verklaring daar was ’n gewapende rooftog by Winhall & De Stadler Jewellers. Die rowers het met ’n onbekende hoeveelheid juweliersware weggekom.

Die Blue Route-winkelsentrum waar rowers Maandag toegeslaan het. Foto: Twitter
Die polisieman het twee van die vyf rowers aangekeer. Foto: Twitter

Meer oor:  Tokai  |  Rooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.