Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
NUWE SYFERS: 8 uit elke 100 000 in SA vermoor

Eerste kwartaal se misdaadstatistieke

Bheki Cele, minister van polisie, stel die kwartaallikse misdaadstatistieke vir Suid-Afrika op ’n mediakonferensie in Pretoria bekend.

Die statistieke geld vir die tydperk van 1 Januarie tot einde Maart.

Die statistieke sal misdaadneigings wys tydens vlak 3 van die inperking vergeleke met misdaadsyfers tydens vlak 1 van die inperking, wat later in die tydperk onder oorsig gegeld het.

14 Mei 13:25:01

Plan met DNS-toetse

Daar is sewe punte om die agterstand met DNS-toetse uit te wis en dit beter te monitor.

Kontrakte is ook reeds onderteken om die laboratoriums in KwaZulu-Natal en in die Oos-Kaap op te knap.

Die teiken is om die agterstand binne 18 maande uit te wis.

14 Mei 13:24:15

8 uit elke 100 000 in SA vermoor

In die afgelope kwartaal is 8,3 moorde per 100 000 mense in Suid-Afrika gepleeg.

14 Mei 13:13:42

14 Mei 13:13:20

14 Mei 13:12:35

Tendense wat kommer wek

Cele sê in antwoord op ’n vraag oor die styging in die moordsyfer dat daar talle kommerwekkende tendense is.

Dikwels is daar talle slagoffers in een voorval en baie moorde word in sjebiens gepleeg.

“Dit is moeilik om dit te polisieer, en gemeenskappe moet help.”

Hy verwys ook weer na die agterstand met DNS-toetse, wat op 208 000 staan.

“’n Moordsaak kan nie maklik opgelos word sonder forensiese bewyse nie.”

Van die oorsake van die agterstand is te min personeel en kontrakte wat op die verkeerde manier gesluit is.

“Die laboratoriums in Gauteng en die Wes-Kaap funksioneer wel, onder meer omdat die toerusting onderhou word.”

14 Mei 12:42:49

Moord neem toe op vlak 1

Kontakmisdaad het toegeneem sedert Februarie toe die land na vlak 1 van die inperking beweeg het.

In Januarie was daar ’n afname in moord, maar in Februarie en Maart was daar toenames.

KwaZulu-Natal het die meeste moorde aangemeld, gevolg deur Gauteng, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap.

Die redes vir moorde was in die meeste gevalle argumente, gevolg deur rooftogte, boendoegeweld, bendegeweld en taxigeweld.

14 Mei 12:40:10

Beleid ‘begin vrugte dra’

Rooftogte by persele het drasties afgeneem en motordiefstal het ook skerp gedaal.

Dit kan volgens Cele daaraan toegeskryf word dat beleid vrugte begin dra.

Aanranding het met meer as 9% afgeneem.

Alkohol is in baie gevalle van aanranding betrokke.

14 Mei 12:37:48

14 Mei 12:37:25

14 Mei 12:36:39

Meer oor:  Misdaadstatistiek  |  Polisie  |  Misdaad  |  Bheki Cele
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.