Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Rubberkoeëls ingespan teen onwettige plakkers

Groot groepe mense het onwettig plakkershutte begin bou op twee oop stukke grond in Gauteng. Die situasie was veral gespanne by Olievenhoutbosch buite Pretoria en rubberkoeëls en traangas moes ingespan word om die mense in bedwang te kry.

Die Tshwane-metropolisie (TMPD) was van Saterdagoggend daar op die toneel, terwyl lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) later by hulle aangesluit het.

Onwettige plakkers op die hoek van die R562 en R55 in Blue Hills, Johannesburg. Foto: Verskaf

Supt. Isaac Mahamba, TMPD-woordvoerder, was teen Saterdagmiddag nog nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Brig. Mathapelo Peters, provinsiale woordvoerder van die polisie, het Netwerk24 verwys na die TMPD en wou niks sê oor die skietery nie omdat die polisie in daardie stadium nog nie daar was nie.

Ian Cameron, nasionale veiligheidshoof van AfriForum, sê lede van die TMPD het die plakkers reeds van die grond af verwyder.

In Johannesburg was dinge effens vreedsamer, maar hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburg-metropolisie (JMPD), het bevestig hulle hou die situasie op die hoek van die R562 en R55 in die Blue Hills-omgewing goed dop.

“Elkeen wat ’n struktuur of plakkershut oprig waar hy nie mag nie, oortree die wet en ons sal dit stop,” het hy gesê.

Michael Sun, burgemeesterslid van openbare veiligheid, sê hy gaan nie doekies omdraai nie.

“Dit is grondbesetting. Die betrokke grond is in private besit en ons doen ’n beroep op die eienaar om die polisie of JMPD dringend te kontak om eiendomsreg te bevestig. Skakel 011 375 5911.”

“Ons het ook met sekere grondeienaars kontak gemaak. Ons verstaan die private grondeienaars gaan dringende aansoeke by die hof indien om hul eiendomme wettig te beskerm.”

Volgens Sun is die JMPD op die tonele waar die grondbesettings plaasvind.

Onwettige plakkers op die hoek van die R562 en R55 by Blue Hills, Johannesburg Foto: Verskaf

Meer oor:  Olievenhoutbosch  |  Pretoria  |  Plakkers  |  Grondbesetting
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.