Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Skietery toe polisie glo rowers voorlê

Die dag waarop die jongste misdaadsyfers bekend gemaak is, was daar sommer vroeg reeds twee skietvoorvalle in Gauteng.

Net voor 08:00 is ’n veiligheidswag in Dawnpark, Boksburg, oorval en beroof terwyl hy met ’n geldtrommel na ’n geldwa gestap het.

Hoewel inligting nog skraps is, het daar intussen ’n video aan die lig gekom waarop verskeie skote en ’n geskree gehoor kan word.

Volgens bronne is niemand beseer nie, maar die rowers het met die buit weggekom.

Teen omstreeks 11:00 het Adiel Alexander in Fourways naby Montecasino in Johannesburg by ’n kruising stilgehou, waarna hy skote gehoor het.

“Dit was net ‘ka-ka-ka’ en toe ek weer sien, vlieg ’n polisiehelikopter oor my. Iemand is raakgeskiet en die hele pad was in ’n oogwink vol polisie,” sê Alexander.

Hoewel hy vermoed dat dit dalk ’n transitorooftog kon wees, het ’n bron ’n foto van die voorval in Leslielaan, Fourways, aangestuur waar polisielede by geboeide persone staan.

Volgens die bron het die polisie gereageer op inligting van ’n rooftog wat sou plaasvind, en hulle het die verdagtes voorgelê.

“Talle skote is geskiet. Daar is glo ses rowers gevang, van wie drie gewond is. Dit klink of nog drie verdagtes weggekom het,” sê die bron.

* Die polisie kon nog nie kommentaar of meer inligting oor die voorvalle lewer nie. Verdere berigte kan volg.

Meer oor:  Adiel Alexander  |  Boksburg  |  Misdaad  |  Transitorooftog
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.