Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Uyinene Mrwetyana: Woedende skare steek huis aan die brand

Die huis waar die verdagte in die moord-en-verkragtingsaak van die student Uyinene Mrwetyana gewoon het, is Dinsdagaand deur ontstoke inwoners van Khayelitsha aan die brand gesteek.

Brandweer-en-reddingspanne van die Kaapstad-metro moes uit die gebied vlug nadat ontstoke inwoners hulle gekeer het om hul werk te doen.

Uyinene Mrwetyana
Die vermoorde UK-student, Uyinene Mrwetyana, alombekend as Nene. Foto: Verskaf
Netwerk24 Foto: Verskaf

Die polisie in die Wes-Kaap het bevestig dat ’n huis in I-Section, Khayelitsha, deur inwoners aan die brand gesteek is.

Die polisie wou egter nie die identiteit van die eienaar van die huis bekend maak nie en het slegs gesê dat die eienaar nie geïdentifiseer kan word nie.

Inwoners beweer dat dit die huis is van die verdagte wat Mrwetyana na bewering in ’n poskantoor in Claremont, Kaapstad, vermoor het. Die hof het vroeër die week gelas dat die identiteit van die verdagte nog nie bekend gemaak mag word nie.

Lt.kol. Andrè Traut het gesê die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en dat die skuldiges nog nie in hegtenis geneem is nie.

“Ons lede is egter ontplooi in die gebied om reg en orde te handhaaf en om enige vorm van geweld te keer.”

Kaapstad se brandweer-en-reddingsdienste het bevestig dat hulle na die toneel in I-Section, Khayelitsha, ontbied is.

Jermaine Carelse, woordvoerder van die brandweer, het gesê toe hulle op die toneel kom, het die gemeenskap gekeer dat die brandweer die brand blus.

“Die brandbestryders en bemanning het vir hul lewe gevrees en die gebied verlaat. Die naam van die eienaar van die huis is in hierdie stadium nog onbekend,” het Carelse gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.