Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
Kyk uit vir dié voertuie in Brackenfell – private speurder
Dié twee mans is vermoedelik betrokke by ’n voorval op 31 Maart by ’n huis in Karoobosstraat, Brackenfell. Foto: Verskaf
Willem van Romburgh, ’n private speurder van Kaapstad, sê dié voertuig is vermoedelik die een waarin die aanvallers gevlug het nadat ’n man sewe keer in sy huis geskiet is. Foto: Verskaf
Hierdie twee voertuie, ’n wit BMW en ’n Opel Adam, was vermoedelik gebruik in die voorval op 31 Maart in Brackenfell, waarin ’n man in sy huis geskiet is, en asook by ’n poging tot huisbraak by ’n huis in Vredekloof, Brackenfell, op 11 April vanjaar. Foto: Verskaf

’n Private speurder in Kaapstad het Vrydag ’n waarskuwing gerig aan inwoners van Kaapstad se noordelike voorstede nadat mans in ’n wit 3-reeks-BMW op 11 April vanjaar by ’n huis in Vredekloof probeer inkom het.

Willem van Romburgh het gesê dit is vermoedelik dieselfde mans wat ’n 41-jarige man op 31 Maart in sy huis in Karoobosstraat, Brackenfell, aangeval het.

Dié man is sowat sewe keer in sy bene en in sy geslagsdeel geskiet. Sy regterbeen is in ’n operasie geamputeer.

Volgens Van Romburgh was die motorhuis van die huis in Karoobosstraat sowat 30 cm oop. Die vyf aanvallers het glo so toegang tot die huis verkry.

Hulle het die man glo met ’n geweerkolf geslaan en toe geskiet. Niks is egter uit die huis gesteel nie.

Van Romburgh het Vrydag gesê kringteleviesiekameras in die straat is vermoedelik geblokkeer met ’n toestel wat seine versteur.

Die inwoner van ’n huis in Vredekloof het hom egter ook die afgelope week gekontak nadat hulle ’n berig oor die voorval in Karoobosstraat in ’n plaaslike gemeenskapskoerant gelees het.

Die man het gesê hulle het op 11 April in die vroeë oggendure van ’n geluid wakker geword. Toe hulle opstaan en gaan kyk, het hulle mans by die deur gesien waar hulle probeer het om by die huis in te kom. Hy het gesê die mans het gevlug, maar die inwoners kon nie onmiddellik die polisie skakel nie omdat hul selfoonseine vermoedelik deur ’n toestel geblokkeer is.

Van Romburgh het gesê die man het toe vir hom gesê kringtelevisiebeelde het gewys dat die mans wat by hul huis probeer inbreek het, het in ’n wit BMW en ’n Opel Adam van die toneel gevlug.

Volgens Van Romburgh het die Karoobosstraat-aanvallers in ’n soortgelyke wit BMW en Opel Adam gevlug.

Van Romburgh het gesê hulle is tans besig om LPR-kameras (wat motors se registrasienommers lees) in die Brackenfell-omgewing vir leidrade na te gaan.

Hy het gevra dat mense met inligting oor enige van die twee voorvalle hom by 073 2768 968 bel.

Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.