Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Wagte rand man aan wat glo wou steel

’n Saak van aanranding word teen veiligheidswagte in Jeffreysbaai ondersoek vir die wyse waarop hulle ’n man op straat in hegtenis geneem het.

Die veiligheidswagte se optrede is deur ’n nabygeleë inwoner van Wavecrest op video vasgelê.

In die video wat glo verlede Dinsdag geneem is, word gehoor hoe een van die veiligheidswagte vir die man op die grond vra hoekom hy weggehardloop het, waarna hulle hom slaan terwyl hulle die man probeer boei.

Janine Maria McDonald, wat die video op haar Facebookblad geplaas het, sê in ’n inskrywing sy het dié video geplaas, “omdat dit onmenslik is. Ons as mense het ons regte van die tyd wat ons gebore is.”

Luidens haar inskrywing het die voorval omstreeks 22:00 gebeur. Sy voer aan die jong man het niks verkeerd gedoen, buiten om op en af in die straat te stap.

“Dit is onwettig en skandelik, asook walglik hoe hy geslaan, geklap en geskop is, terwyl hy in boeie was. Nie eens die polisie mag dit doen nie. Hierdie veiligheidswagte moet hul werk verloor en in hegtenis geneem word vir aanranding.”

Carl Trahms, eienaar van Smhart Security , het by navraag gesê die betrokke man het na bewering een van sy veiligheidswagte met ’n mes probeer steek en hom teen arrestasie verset.

Volgens hom het die veiligheidswag die man gejaag terwyl hy deur verskeie erwe gehardloop het.

Die polisie het opgedaag en die verdagte wou nie ’n saak aanhangig maak nie.

“In ’n stadium het die veiligheidswag probeer om hom in hegtenis neem. Terwyl hy oor ’n tuinmuur gespring het, het hy probeer om die veiligheidswag te steek.”

Die man is vasgetrek terwyl hy agter ’n bakkie gestaan het.

Volgens Trahms was die beamptes bewus van die video wat geneem word.

Trahms het aangevoer die man het by die bakkie weer ’n mes uitgehaal en hom teengesit toe die wagte hom in hegtenis wou neem.

Die veiligheidswagte het die man in hegtenis geneem en verskeie gereedskap wat gewoonlik gebruik word om by motors in te breek, was volgens Trahms in die man se besit gevind.

“Die polisie het opgedaag en die verdagte wou nie ’n saak aanhangig maak nie,” sê hy.

Kapt. Gerda Swart, polisiewoordvoerder, sê die 20-jarige man het wel drie dae later ’n saak by die polisie aanhangig gemaak.

Die klaer het beweer hy is aangerand omdat hy glo iets gesteel het, maar geen saak is hiervoor aanhangig gemaak nie.

’n Saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek en niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Meer oor:  Jeffreysbaai  |  Veiligheidswagte
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.