Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Vermeende betoger in Vlakte-onrus in arres

’n Vermeende betoger is Woensdag in Bishop Lavis op ’n klag van openbare geweld in hegtenis geneem nadat inwoners teen bendes en geslagsgeweld betoog het.

Die polisie hou die sogenaamde Total Shutdown-betoging in Bishop Lavis dop.

Lede van gemeenskappe oor die hele Kaapse Vlakte heen het as deel van die Total Shutdown-protesoptrede die besige paaie in hul woonbuurte versper.

Die Wes-Kaapse polisie het ingegryp en sowat 150 betogers met skokgranate en rubberkoeëls uiteengejaag nadat hulle ’n chaos op die paaie veroorsaak het.

Die protesoptrede was een van vele wat in Kaapstad gehou is om die regering te probeer dwing om by misdaadgeteisterde gebiede in te gryp.

Sers. George Mjiwu, Wes-Kaapse polisiewoordvoerder, het gesê ’n saak van openbare geweld word ná afloop van die betogings ondersoek.

“Ongeveer 150 betogers het op die hoek van Lavisrylaan en 35ste Laan saamgedrom en die pad versper. Die polisie moes skokgranate en rubberkoeëls gebruik om hulle uiteen te jaag. Daar is op ’n taxi beslag gelê en ’n betoger is in hegtenis geneem.”

Intussen het die Kaapstad-metro se verkeersowerhede bevestig dat alle paaie wat versper was, weer oop is. Bishop Lavis, Bonteheuwel en Hanover Park was deur die sluitings geraak.

Victor Altensteadt, ’n gemeenskapsaktivis van Bishop Lavis, sê hulle wil hê dat die regering aan hul eise gehoor moet gee sodat die aanvalle op vroue en kinders kan stop.

“Ons wil permanente polisie-basiskampe in ons bendegeteisterde gebiede hê. Ons wil hê dat bendeleiers en dwelmhandelaars ingevolge die Poca-wet (Wet op Georganiseerde Misdaad) in hegtenis geneem en vervolg word.”

Altensteadt het ontken dat inwoners in Bishop Lavis voertuie met klippe bestook het en beweer dat die polisie op een van hul lede se voertuie geskiet het.

Die polisie hou ’n waaksame oog in Bishop Lavis waar lede van die Total Shutdown betoog het.
’n Voertuig wat glo in die betogings in Bishop Lavis beskadig is.
Shutdown-lede ruk op teen bende- en geslagsgeweld.

Meer oor:  Wes-Kaap  |  Kaapse Vlakte  |  Geslagsgeweld  |  Openbare Geweld  |  Bendes
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.