Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Video oor dooie beeste ‘vir politiek misbruik’

’n Video van honderde beeste wat na bewering op ’n plaas tussen Wasbank en Dundee in KwaZulu-Natal gevrek het weens die voermengsel waaraan hulle gevreet het, “word vir politieke motiewe misbruik”.

Volgens berigte is honderde beeste vrek. Op die video wat versprei is, word beweer dat die voermengsel opsetlik vergiftig is.

'n Skermgreep uit die video waarin etlike beeskarkasse gesien kan word.

Sandy La Marque, uitvoerende hoof van Kwanalu, ’n landbouvereniging van KwaZulu-Natal, sê die video waarin heelwat beeskarkasse gesien kan word en waarin beweer word die beeste is vir ’n politieke motief vergiftig, is onwaar.

La Marque kon nie vrae beantwoord oor waar en wanneer die voorval gebeur het of hoeveel beeste gevrek het nie. Sy sê die betrokke boer wil nie oor die voorval praat nie.

“Ons verstaan dat daar ernstige probleme met die voermengsel was. Toetse word nou daarop gedoen.

“Daar word tans nie gemene spel vermoed nie. Die betrokke video word net versprei om boere te verdeel en die gemeenskap te destabiliseer.

“Ons versoek alle gebruikers van sosiale media om eers inligting te verifieer voordat hulle dit blindelings versprei. Ons kan nie daaroor bespiegel oor die motief van die mense wat die video met politieke kommentaar daarby versprei het nie. Dit is absoluut onaanvaarbare gedrag in ons kwesbare landboubedryf.”

Die departement van landbou in KwaZulu-Natal kon nie vir kommentaar bereik word nie.

Meer hieroor volg later.

Meer oor:  Beeste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.