Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Vrou doodgeskiet in kaping, uit motor geslinger

’n Vrou is Vrydagoggend in Bramley, Johannesburg, gekaap, doodgeskiet en uit haar motor geslinger toe sy by ’n verkeerslig stilgehou het.

Nooddienste was op die toneel toe Isabel van Coller Vrydagoggend by ’n verkeerslig in Bramley, Johannesburg, tydens ’n kaping doodgeskiet is. Sy was op pad werk toe.

Isabel van Coller het om 05:24 by ’n verkeerslig op die hoek van Dublin- en Cunningstraat stilgehou toe vier mans op haar voertuig afpyl.

Beeldmateriaal van die voorval, wat op Twitter gedeel is, wys hoe die mans Van Coller se voertuig omring en haar deur oopruk.

Volgens kaptein Kay Makhubele, ’n Gautengse polisiewoordvoerder, is sy toe doodgeskiet.

Die vier mans het in Van Coller se voertuig gespring en haar lyk uit die voertuig geslinger en in die middel van die pad gelos.

Die hele voorval het slegs 36 sekondes geduur.

Jurgen Kotze, hoofbedryfsbeampte van Emer-G-Med, het bevestig dat Van Coller as ’n boekhouer by die maatskappy gewerk het.

Volgens hom was sy ten tyde van die voorval op pad werk toe.

“Haar kar is in Alexandra gevind, maar niemand is nog vir die voorval in hegtenis geneem nie,” sê Makhubele.

Meer oor:  Isabel Van Coller  |  Kay Makhubele  |  Johannesburg  |  Kaping  |  Doodgeskiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.