Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Vrou helder oordag in oprit beroof

Kapers het Woensdag ’n vrou helder oordag in een van Johannesburg se gegoede buurte oorval en beroof.

Die vrou was in haar motor voor ’n hek in ’n oprit in Nottinghamstraat, Kensington, geparkeer.

’n Video van die voorval is kort ná die voorval op sosiale media versprei.

In die video kan gesien word hoe drie verdagtes in ’n wit Polo Vivo agter die vrou stilhou en twee verdagtes uitspring.

Dit wil voorkom of die vrou nie alleen in die motor was nie.

Een verdagte het die vrou se deur oopgeruk en daar kan gesien word hoe hy in leun en met haar stoei.

’n Boom voor die motor belemmer die sig op die tweede verdagte wat hom toegespits het op die passasierskant.

Volgens kol. Lungelo Dlamini, polisiewoordvoerder, het die verdagtes geld en juweliersware van die vrou gesteel voordat hulle op die vlug geslaan het.

Dlamini sê die verdagtes is later deur die honde-eenheid in hul voertuig opgemerk en agternagesit.

“Daar was ’n oor-en-weer-skietery . . . totdat die verdagtes teen ’n muur vasgejaag het,” sê Dlamini.

Twee verdagtes, wat gewond is, is in hegtenis geneem, terwyl die derde ontsnap het.

Die polisie het beslag gelê op vuurwapens, asook kontant wat vermoedelik van die vrou gesteel is.

Die Polo is in Sandton gekaap, sê Dlamini.

’n Saak van gewapende roof, poging tot moord, die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie, en die besit van ’n gesteelde voertuig word ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.