Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Vrou vat selfoon by grypdief terug

’n Vrou van Sunninghill, Johannesburg, het sonder aarseling haar selfoon terug gevat uit die hande van ’n grypdief.

Alma McGill (32) sê sy was Dinsdag besig om Kersversierings uit te soek in die Sunninghill Square-winkelsentrum toe sy voel iemand ruk aan haar handsak.

Dit is toe al die tyd iemand wat haar selfoon gegryp het.

McGill kon ook ’n video kry van die hele voorval wat opgeneem is op die winkel se veiligheidskameras.

In die video kan gesien word hoe McGill in ’n gang staan terwyl sy deur die versierings op die rak voor haar kyk.

’n Skermgreep van die video waarin gesien kan word hoe ’n man Alma McGill se selfoon uit haar handsak gryp terwyl sy besig is om inkopies te doen. Foto: Facebook

Sy is half gebukkend, maar kom orent om plek te maak in die gang sodat ’n man en vrou agter haar verby kan kom.

“Ek het nogal by myself gedink hulle skuif darem te naby my verby, veral nadat ek vir hulle plek gemaak het om verby te kom,” sê McGill.

Hierna kan in die video gesien word hoe die man langs McGill staan en vinnig sy hand in haar handsak, wat oor haar linkerskouer hang, steek.

“Dit is toe dat ek die ligte pluk gevoel en omgedraai het en sien die man staan met my selfoon in sy hand,” sê McGill.

In die video lyk dit of die man die selfoon wil oorhandig aan die vrou wat saam met hom is voordat McGill haar selfoon terug vat.

In die parkeerterrein het McGill gesien hoe die man en vrou in ’n motor klim wat reg voor die winkel gestop het.

“Ek het gedink dit is dalk hul wegkom-motor en het die bestuurder gevra of hy weet die mense saam met hom het my selfoon probeer steel,” sê McGill.

Die bestuurder het sommer dadelik met haar begin baklei, waarna McGill besluit het om eerder die aftog te blaas.

Sy het die dag daarna ’n klag by die polisiekantoor in Sunninghill aanhangig gemaak en hoop die video sal hulle help om die mense aan te keer.

“Maar meer as dit hoop ek die video sal ander mense meer paraat maak, veral dié tyd van die jaar. Mens raak so vinnig op jou gemak as so iets nie onlangs met jou gebeur het nie. My handsak hang nie meer los nie, ek knyp hom styf vas,” sê McGill.

Meer oor:  Johannesburg  |  Selfoon
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.