Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Waar’s jou masker?, toe ruk polisie sambok uit

Mense op sosiale media braak gal oor ’n video wat wys hoe drie polisielede van die Wes-Kaap mans in Worcester aanrand deur hulle te klap en met ’n sambok te slaan.

Klaarblyklik omdat hulle nie hul maskers oor hul gesig gehad het nie.

In die video kan gesien word hoe twee van die polisielede, twee mans en twee jonger mans teen ’n polisievangwa staan maak en deursoek.

Aan die anderkant van die vangwa staan ’n polisievrou. Daar kan gesien word hoe sy haar hand lig en nog iemand klap.

Die een polisieman vra dan die een man waar sy masker is. Hulle maskers hang om hul nek.

“Waar’s jou masker, waar’s jou masker?” vra die polisieman en klap dan die jong man wat baie haastig sy masker opsit dan herhaaldelik deur sy gesig.

Die polisieman het ’n sambok in die agtersak van sy uniform.

Sy kollega ruk die sambok uit sy agtersak en begin dan ’n tweede man daarmee oral op sy lyf slaan. Die drie mans kry kans om van hul aanranders weg te kom.

Die gebruik van ’n sambok deur polisiebeamptes is nie net onwettig nie, maar ook verbode
Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder

Die Wes-Kaapse polisiebestuur het Woensdag die lede wat aan die Worcester-polisiekantoor verbonde is, se optrede ten sterkste veroordeel.

Brig. Novela Potelwa, polisiewoordvoerder, sê die aanranding van individue en of verdagtes is teen departementele reëls.

“Die gebruik van ’n sambok deur polisiebeamptes is nie net onwettig nie, maar ook verbode.”

Sy het Woensdag gesê daar is onmiddellik ná die voorval onder hulle aandag gebring is, met ’n ondersoek begin.

Die ondersoek word deur genl.maj. Nomthetheleli Mene, Worcester se groep-polisiehoof, gelei.

Volgens Potelwa het die voorlopige ondersoek reeds bevind dat die voorval Maandag in die nywerheidsgebied in Worcester plaasgevind het.

Hoewel die vangwa in die video een is wat aan die Ceres-polisiekantoor behoort, word dit deur die polisie in Worcester gebruik. Sy het ook bevestig dat die lede van die Worcester-polisiekantoor is.

Hul identiteit is glo bekend, maar die polisie gaan dit nie nou bekend maak nie, sê Potelwa.

Sy sê die mans wat aangerand is nog nie geïdentifiseer nie.

Die polisie sal sodra hulle opgespoor is ook verklarings by hulle afneem om dit deel van die ondersoek te maak.

Sy sê hulle hoop ook om uit te vind wat die video-opname voorafgegaan het.

Potelwa het ook gevra dat die polisie die kans gegee moet word om die ondersoek te doen.

“Spekulasie oor wat gebeur het, sowel as die bekendmaking van die polisielede se name sal in die stadium nadelig vir die ondersoek wees,” sê Potelwa.

Meer oor:  Worcester  |  Polisie  |  Masker  |  Ondersoek  |  Inperkingsmaatreëls  |  Polisiegeweld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.