Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Wagte in Kuruman oorval; meer as R350 000 gebuit

Die Valke in die Noord-Kaap ondersoek ’n transitorooftog nadat gewapende mans twee geldwagte voor ’n winkel in Kuruman beroof het.

Drie gewapende mans het die wagte Dinsdag omstreeks 16:40 in die dorp oorval toe hulle met ’n geldtrommel die Chicken Inn-groothandelaar, wat aan buitelandse sakemanne behoort, verlaat het.

’n Skermgreep van ’n video wat van die rooftog in Kuruman geneem is. Hier kan gesien word hoe ’n rower een van die geldwagte rondpluk voordat hy hom op die grond neergooi en hom met ’n vuurwapen dreig. Foto: Skermgreep

Volgens Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke in die Noord-Kaap, was die wagte op pad terug na hul voertuig toe die mans toeslaan.

Die rowers het een van die wagte met vuurwapens gedreig en die geldtrommel en albei die wagte se vuurwapens by hulle afgevat en in ’n dubbelkajuitbakkie weggejaag.

Die Valke kon nie Woensdag dadelik ’n beskrywing van die mans se wegkomvoertuig gee nie.

Die rowers het glo met meer as R350 000 weggekom.

In ’n video van kringtelevisiekameras wat rondgestuur word, kan gesien word hoe die rowers die wagte met handwapens dreig. Daar kan ook gesien word hoe een van die rowers ’n wag op die grond neergooi en hoe twee rowers dan hul vuurwapens op hom rig.

Die mans hardloop dan weg na ’n bakkie wat ’n ent van die geldwa af staan en spring agterop die bak voordat die voertuig wegry.

Mnisi sê geen skote is geskiet nie en niemand is in die voorval beseer nie.

Meer oor:  Kuruman  |  Rowers  |  Transito
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.