Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Dief steek Wallaby-rugbyspeler in Jhb met mes

'n Australiese rugbyspeler is Saterdagaand in Sandton met 'n mes gesteek toe hy 'n grypdief agternagesit het wat sy selfoon gesteel het.

Die dief het Taniela Tupou, die Wallabies se stut, twee keer in sy regterarm gesteek. Die spandokter het hom daarna behandel.

Hy was saam met agt van sy spanmaats op pad terug na hul hotel in Sandton toe 'n man met 'n klapmus sy selfoon gegryp het, het Chris Ford, kommunikasiehoof van Australië Rugby, gesê. Die Australiese rugbyspan is in Suid-Afrika vir die rugbykampioenskapwestryd wat Saterdag op Ellis Park in Johannesburg gespeel word

Hou Netwerk24 dop vir meer.

Meer oor:  Taniela Tupou  |  Australië  |  Rugby  |  Roof  |  Selfoon  |  Messteek  |  Misdaad
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.