Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Betogers by Dunoon uiteen ná weermag ingryp
Dunoon, weermag
Die weermag is Dinsdagoggend in Dunoon ontplooi, nadat gewelddadige betogings wat verlede week begin het, vroegdag voortgesit is. Foto: Jaco Marais

Nadat die weermag vroeg Dinsdagoggend in Dunoon naby Bloubergstand in Kaapstad ontplooi is, is alle paaie wat vroegdag deur betogers versper is oopgestel, nadat die betogers uiteen is. 

Maxine Bezuidenhout, woordvoerder van die Kaapstad-metro se verkeersdienste, het bevestig alle paaie is oop vir verkeer.

Die N7-hoofweg was vroegoggend tussen Plattekloof- en Potsdamweg gesluit nadat betogers weer bande in die gebied begin brand het.

Dunoon, Weermag
Weermagvoertuie staan by Dunoon, waar gewelddadige betogings sedert verlede week voortduur. Foto: Jaco Marais

“Die weermag is reeds Maandagaand herontplooi as deel van ’n teenmisdaadoperasie,” sê Brig. Novela Potelwa, provinsiale polisiewoordvoerder.

Die operasie in die Tableview- en Dunoon-gebied, wat die polisie en weermag insluit, gaan veral fokus op dwelms en ongelisensieerde vuurwapens in die gebied en veral by die taxistaanplekke,” sê Potelwa.

weermag, Dunoon
Weermaglede en die polisie het mense by hul huise en by taxistaanplekke deursoek vir onder meer dwelms en onwettige vuurwapens. Foto: Jaco Marais

Felicity Purchase, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, het by navraag gesê die betogings, wat gedryf word deur ontevredenheid oor openbare vervoer en taxipermitte, gaan voort en dat die situasie gemonitor word.

In die jongste geweldpleging is ’n vragmotor Maandag op die hoek van Potsdam- en Stableweg aan die brand gesteek.

Twee vragmotors is ook Vrydag aan die brand gesteek terwyl motoriste met klippe bestook is.

Dunoon, myCity, betoging
Weermaglede by 'n MyCiti-bushalte in Dunoon wat verleke week deur betogers aan die brand gesteek is. Foto: Adrian de Kock

Frank Qotyiwe, sekretaris van die Dunoon-taxivereniging, sê hulle gaan Dinsdag weer met die gemeenskap vergader sodat hulle vrede in die gebied kan probeer bewerkstellig.

Die taxivereniging eis dat die metroraad bedryfspermitte aan hulle toestaan vir roetes wat deur MyCiti-busse bedien word, asook die roetes wat nie bedien word nie.

Siphiwe Dlamini, hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANDF) se kommunikasie-eenheid, sê SANDF gaan nie in hierdie stadium kommentaar lewer oor die weermag se operasie in Dunoon nie.

Meer oor:  Dunoon  |  Betogings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.