Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KYK: Woede oor Tazne kook oor in Parow

'n Chaos het in die strate van Parow in Kaapstad uitgebreek, nadat die hofsaak teen die vermeende moordenaar van Tazne van Wyk (8) Vrydagoggend in die landdroshof in Goodwood uitgestel is.

Oproerige inwoners van Elsiesrivier, waar Tazne se gesin woon, het Vrydag amok gemaak toe hulle kort ná die hofverskyning van Moyhdine Pangarker (54) drie geboue aan die brand gesteek en 'n motor omgegooi het.

Pangarker word daarvan aangekla dat hy Tazne op 7 Februarie vanaf 'n snoepwinkel oorkant haar ouerhuis ontvoer en later vermoor het.

Nadat die saak uitgestel is, het lede van die gemeenskap aan die agterkant van die hofgebou saamgedrom en daarop aangedring dat hy vrygelaat word.

Hulle was ontevrede omdat hulle meen die polisie beskerm Pangarker en het ná die hofverrigtinge gesê hulle gaan 'n huis in Parowstraat, Parow, waar hy na bewering met Tazne was, aan die brand steek.

Dit het hulle toe ook wel gedoen. Dit was egter nie die enigste huis wat hulle aan die brand gesteek het nie.

Hulle het daarna na 'n huis in Carstenstraat, om die draai van Parowstraat, gegaan en twee geboue aan die brand gesteek en 'n voertuig wat voor die een gebou gestaan het op sy dak gekeer.

'n Snoepwinkel langs die huis in Carstenstraat is ook geplunder.

Lede van die polisie se eenheid vir openbare orde is ontplooi en het probeer om die skare van ander vermeende dwelmhuise en bordele weg te hou.

Die inwoners het daarna nog 'n vermeende bordeel in Voortrekkerstraat met petrolbomme bestook en aan die brand gesteek. 

Hulle het gesê hulle gaan nie stop voordat elke bordeel en dwelmhuis in Parow uitgeroei is nie.

Twee mans wat glo op besoek aan die bordeel in Parow was, kon daarin slaag om die vroue wat nog in die bordeel vasgekeer was, uit die brandende gebou te kry.

Tazne van Wyk
Betogers spat uitmekaar op die toneel in Parow in Kaapstad waar twee huise aan die brand gesteek is. Foto: Jaco Marais

Die polisie het die skare met rubberkoeëls uiteengejaag en Voortrekkerweg was in albei rigtings gesluit.

Vroeër het die inwoners buite die stampvol hof aan die deure gehamer en daarop aangedring om die hof binne te kom.

Hulle het gerskree dat hulle geregtigheid soek.

LEES OOK: Tazne: Pangarker voer aan polisie het hom aangerand

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.