SPESIALE VAKANSIE-AANBOD: Teken in teen net R49 vir jou eerste maand! Word 'n intekenaar
Misdaad
KZN: 4 vas wat op polisie skiet

Vier vermeende rowers sal eersdaags in die landdroshof in Ladysmith in KwaZulu-Natal verskyn nadat hulle na bewering die afgelope naweek op polisiebeamptes losgebrand het.

Brig. Jay Naicker, polisiewoordvoerder, sê polisielede was Saterdag op ’n roetinepatrollie in die Ezakheni-omgewing toe hulle vier mans in ’n minibus wou voorkeer.

“Die bestuurder van die minibus het van die polisielede probeer wegjaag. Daar is ook skote op hulle gevuur,” sê Naicker.

Vier beseerde verdagtes lê in Ezakheni naby Ladysmith in KwaZulu-Natal op die grond nadat hulle Saterdag met ’n vermoedelik gesteelde minibus in die muur van ’n huis vasgejaag het. Foto: SAPD

Die polisielede het die vier mans in die minibus agternagesit en dié het toe in ’n muur vasgejaag.

“Al die mans is in die ongeluk beseer en onder polisiebewaking na die hospitaal geneem. ’n Voorlopige ondersoek dui daarop dat die minibus onlangs in Diepkloof, Soweto, gesteel is. Sodra die verdagtes van hul beserings herstel het, sal hulle in die hof verskyn op aanklagte van poging tot moord, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die onwettige besit van ’n vuurwapen,” sê Naicker.

Die verdagtes kan moontlik ook met ’n moord in Ezakheni, asook verskeie sakerooftogte in Gauteng verbind word.

“Die ondersoek duur voort,” sê Naicker.

Die verdagtes het in ’n poging om van die polisie weg te kom in die muur van ’n huis vasgejaag. Foto: SAPD

Lt.genl. Khombinkosi Jula, provinsiale polisiekommissaris, het die polisielede vir hul optrede geprys.

“Misdadigers sal binnekort besef dat die polisie in KwaZulu-Natal vinnige reaksiespanne op strategiese plekke ontplooi en dat hulle nie vryelik in woonbuurte kan rondbeweeg nie. Hierdie polisiebeamptes van Ladysmith moet geprys word vir hul dapperheid, aangesien hulle nie toegelaat het dat die verdagtes wegkom nie,” sê Jula.

Meer oor:  Khombinkosi Jula  |  Ladysmith  |  Kwazulu-Natal  |  Misdaad  |  Rooftog  |  Polisie Skiet
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.