Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Misdaad
KZN-fietsryer douvoordag met mes gesteek

’n Fietsryer is vroeg Donderdagoggend deur ’n aanvaller met ’n mes gesteek toe hy op die Umgenirivier-brug oor die M4 Ruth First-hoofweg in die noorde van Durban in KwaZulu-Natal gery het.

Volgens Garrith Jamieson, woordvoerder van Rescue Care, het paramedici omstreeks 05:15 by die toneel opgedaag en ’n 60-jarige man met ’n steekwond in sy bolyf langs die pad aangetref.

“Ons paramedici het die man op die toneel gestabiliseer en hy is toe na ’n plaaslike hospitaal geneem. Ek wil fietsryers maan om altyd in groepe te ry, veral vroeg in die oggend en laat in die aand omdat misdadigers fietsryers teiken,” sê Jamieson.

Dit is in dié stadium nog onduidelik of die aanvaller enigiets by die fietsryer geroof het.

By navraag het lt.kol. Thulani Zwane, polisiewoordvoerder, gesê dat hy van die voorval bewus is, maar dat die slagoffer nog nie ’n saak by die polisie geopen het nie. Zwane het fietsryers, hardlopers en stappers gewaarsku om altyd in groepe te oefen.

“Veiligheid op die paaie is maar altyd ’n kopseer. Beweeg verkieslik in groepe en wees altyd bedag oor wat rondom jou aangaan. Moenie kontant of waardevolle besittings soos selfone en kameras saamneem nie.”

Meer oor:  Durban  |  Umgenirivier-Brug  |  Kwazulu-Natal  |  Gesteek  |  Mes  |  Fietsryer  |  Aanvaller
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.